Studiehulp
JSV, Génesis 15


JSV, Génesis 15:9–12. Vergelyk Génesis 15:1–6

Abraham leer van die Opstanding en sien ’n visioen van Jesus se aardse bediening.

9 En Abram het gesê, Here God, hoe sal U vir my hierdie land vir ’n ewigdurende erfenis gee?

10 Die Here het gesê, Selfs as jy dood was, is Ek nie in staat om dit vir jou te gee nie?

11 En indien jy sal sterwe, tog sal jy dit besit, want die dag kom dat die Seun van die Mens sal lewe; maar hoe kan Hy lewe indien hy nie dood is nie? Hy moet eers verlewendig word.

12 En dit het gebeur dat Abram vooruit gekyk het en die dae van die Seun van die Mens gesien het en was bly, en sy siel het rus gevind, en hy het in die Here geglo; en die Here het dit as geregtigheid tot hom gereken.