Studiehulp
JSV, Johannes 13


JSV, Johannes 13:8–10. Vergelyk Johannes 13:8–10

Jesus was die voete van die Apostels om die wet van die Jode te vervul.

8 Petrus het vir Hom gesê, U het nie nodig om my voete te was nie. Jesus het hom geantwoord, Indien Ek jou nie was nie, het jy geen deel aan My nie.

9 Simon Petrus sê vir Hom, Here, nie net my voete nie, maar ook my hande en my hoof.

10 Jesus het vir hom gesê, Hy wat sy hande gewas het en sy hoof, het nie nodig nie, behalwe om sy voete te was, maar is skoon, elke deeltjie; en julle is skoon, maar nie almal nie. Nou was dit die gebruik van die Jode onder hulle wet; daarom het Jesus dit gedoen sodat die wet vervul mag word.

Druk