Handleidings en Roepings
God se Plan en Jou Rol in die Werk van Heil en Verheffing


“1. God se Plan en Jou Rol in die Werk van Heil en Verheffing,” Seleksies uit die Algemene Handleiding (2023).

“1. Werk van Heil en Verheffing,” Seleksies uit die Algemene Handleiding

Beeld
mans wat huis bou

1.

God se Plan en Jou Rol in die Werk van Heil en Verheffing

1.0

Inleiding

Jy is geroep om in Die Kerk van Jesus Christus van die Heiliges van die Laaste Dae te dien. Dankie vir jou diens. Jy sal lewens seën en vreugde ervaar as jy getrou dien.

Hierdie handleiding sal jou help om beginsels van Christelike diens te leer en jou verantwoordelikhede te verstaan. Jy sal mees doeltreffend wees as jy jou diens in die Kerk in ooreenstemming bring met die werk van God die Vader en sy Seun, Jesus Christus.

1.1

God se Plan van Geluk

Hemelse Vader het die plan van geluk voorsien om ons in staat te stel om al sy seëninge te geniet. Sy werk en heerlikheid is om “die onsterflikheid en die ewige lewe van die mens teweeg te bring” (Moses 1:39).

Jesus Christus is sentraal tot God se plan. As gevolg van Hemelse Vader se oneindige liefde vir ons, het Hy sy Seun gestuur om ons van sonde en dood te verlos deur sy versoenende opoffering (sien Johannes 3:16). Deur sy Versoening het Jesus Christus verseker dat elkeen van ons wat op aarde gebore word sal opstaan en onverganklikheid sal verkry. Sy Versoening maak dit ook vir ons moontlik om van sonde gereinig te word en ons harte te verander sodat ons die ewige lewe en ʼn volheid van vreugde kan ontvang.

Om die ewige lewe te ontvang, moet ons “na Christus [kom], en vervolmaak word in Hom” (Moroni 10:32).

1.2

Die Werk van Heil en Verheffing

Wanneer ons na Christus kom en andere help om dieselfde te doen, neem ons deel aan God se werk van heil en verheffing. Hierdie werk word gelei deur die twee groot gebooie om God lief te hê en om ons naaste lief te hê (sien Matthéüs 22:37–39).

Die werk van heil en verheffing fokus op vier goddelik aangewese verantwoordelikhede.

Hierdie handleiding sal jou help om hierdie vier aspekte van God se werk te verstaan. Die Heilige Gees sal jou lei as jy jou deel doen om dit te vervul (sien 2 Nefi 32:5).

1.2.1

Uitlewing van die Evangelie van Jesus Christus

Uitlewing van die evangelie van Jesus Christus sluit in:

  • Om geloof in Christus te beoefen, daagliks te bekeer, verbonde met God te sluit wanneer ons die ordinansies van heil en verheffing ontvang, en tot die einde te volhard deur daardie verbonde te onderhou (sien 3.5.1).

  • Leer en onderrig die evangelie van Jesus Christus tuis en by die kerk.

  • Om self-onderhoudend te word deur vir onsself en ons families te voorsien, beide geestelik en stoflik.

1.2.2

Sorg vir Diegene wat Behoeftig is

Om vir diegene wat behoeftig is te sorg, sluit in:

  • Om individue, families en gemeenskappe te dien.

  • Om hulpbronne, insluitend Kerkbystand, met diegene wat behoeftig is, te deel.

  • Om andere te help om self-onderhoudend te word.

1.2.3

Nooi Almal om die Evangelie te Ontvang

Om almal te nooi om die evangelie te ontvang, sluit in:

  • Om deel te neem aan sendingwerk en te dien as sendelinge.

  • Om nuwe en terugkerende Kerklede te help om te vorder op die verbondspad.

1.2.4

Verenig Families vir die Ewigheid

Om families vir die ewigheid te verenig sluit in:

  • Om verbonde te sluit wanneer ons ons eie tempelordinansies ontvang.

  • Om ons afgestorwe voorouers na te spoor en ordinansies vir hulle in die tempel uit te voer sodat hulle verbonde met God kan sluit.

  • Om gereeld na die tempel te gaan, waar moontlik, om God te aanbid en ordinansies vir sy kinders uit te voer.

1.3

Die Doel van die Kerk

Jesus Christus het sy Kerk gestig om individue en families in staat te stel om die werk van heil en verheffing te doen (sien Efésiërs 4:11–13; sien ook 2.2 in hierdie handleiding). Om te help om hierdie goddelike doel te volbring, voorsien die Kerk en sy leiers:

  • Priesterskapsgesag en -sleutels.

  • Verbonde en ordinansies.

  • Profetiese rigtinggewing.

  • Skrifture.

  • Evangeliese leer en onderrig-ondersteuning.

  • Diens en leierskapsgeleenthede.

  • ʼn Gemeenskap van Heiliges.

1.3.1

Priesterskapsgesag en -sleutels

God volbring die werk van heil en verheffing deur die priesterskap. Die priesterskapsgesag en -sleutels wat nodig is om God se werk op aarde te rig is deur die Profeet Joseph Smith herstel (sien Leer en Verbonde 110:11–16; 112:30). Hierdie sleutels word vandag deur Kerkleiers gehou. Hulle roep en magtig andere om met God se werk te help (sien Leer en Verbonde 107:8, 65–67).

1.3.2

Verbonde en Ordinansies

In Hemelse Vader se plan sluit ons verbonde wanneer ons die ordinansies van heil en verheffing ontvang, soos die doop (sien Johannes 3:5; sien ook hoofstuk 18 in hierdie handleiding). Hierdie verbonde en ordinansies is noodsaaklik vir ons om meer soos God te word en terug te keer om in sy teenwoordigheid te woon (sien Leer en Verbonde 84:19–22).

1.3.3

Profetiese Rigtinggewing

God openbaar waarheid en gee geïnspireerde leiding en waarskuwings deur sy gekose profete (sien Amos 3:7; Leer en Verbonde 1:4). Hierdie leiding help ons om die pad wat na die ewige lewe lei, binne te gaan en daarop te bly.

1.3.4

Skrifture

Die Kerk gee en bewaar die woord van God soos dit in die heilige skrifture gevind word onder leiding van die Here se profete en apostels. Die skrifture getuig van Christus, leer sy evangelie, en help ons om geloof in Hom te beoefen (sien Jakob 7:10–11; Helaman 15:7).

1.3.5

Evangeliese Leer en Onderrig-ondersteuning

Die Kerk ondersteun individue en families in hulle verantwoordelikheid om die waarhede van die evangelie te leer en hierdie waarhede aan familielede en andere te leer (sien Leer en Verbonde 88:77–78, 118; sien ook 2.2.3 in hierdie handleiding).

1.3.6

Diens- en Leierskapsgeleenthede

God gee lede geleenthede om te dien en te lei deur roepings en opdragte in die Kerk. Die Kerk verskaf strukture om te help om vir behoeftige lede te sorg en om humanitêre verligting aan andere te gee (sien Mosia 18:27–29).

1.3.7

ʼn Gemeenskap van Heiliges

As ʼn gemeenskap van Heiliges, vergader Kerklede gereeld om God te aanbid en om die Saligmaker te onthou deur die nagmaal te gebruik (sien Moroni 6:4–6; Leer en Verbonde 20:77). Lede sorg ook vir en dien mekaar (sien Efésiërs 2:19).

1.4

Jou Rol in God se Werk

As ʼn leier in die Kerk is jy geroep om te onderrig en diegene wat jy dien te ondersteun wanneer hulle aan die werk van heil en verheffing deelneem (sien 1.2). Jy is aanspreeklik om jou roeping te vervul en “… die woord van God [te] leer met alle ywer” (Jakob 1:19). Deur saam met die Here in sy wingerd te arbei sal jou groot vreugde bring (sien Jakob 5:70–72).

Deur ʼn duidelike begrip van God se werk te hê, van wat Hy jou nooi om te doen, en van die doel van sy Kerk, sal jou help om jou pogings te fokus om siele na Christus te bring.

Verwys dikwels na die beginsels in hierdie hoofstuk. Bid om te weet hoe jy kan help om God se doel in die lewens van diegene wat jy dien, teweeg te bring. God sal jou lei deur die aansporings van die Heilige Gees.

Druk