Handleidings en Roepings
18. Uitvoering van Priesterskapsordinansies en -seëninge


“18. Uitvoering van Priesterskapsordinansies en -seëninge,” Seleksies uit die Algemene Handleiding (2023).

“18. Uitvoering van Priesterskapsordinansies en -seëninge,” Seleksies uit die Algemene Handleiding

Beeld
familie wat naby tempel stap

18.

Uitvoering van Priesterskapsordinansies en -seëninge

18.0

Inleiding

Ordinansies en seëninge is heilige handelinge wat uitgevoer word deur die gesag van die priesterskap en in die naam van Jesus Christus. Priesterskapsordinansies en -seëninge bied toegang tot God se krag (sien Leer en Verbonde 84:20).

Ordinansies en seëninge moet uitgevoer word met geloof in Hemelse Vader en Jesus Christus en volgens die leiding van die Heilige Gees. Leiers verseker dat dit uitgevoer word met behoorlike goedkeuring (waar nodig), met die vereiste priesterskapsgesag, op die regte manier en deur waardige deelnemers (sien 18.3).

18.1

Ordinansies van Heil en Verheffing

Die priesterskap sluit die gesag in om evangeliese ordinansies wat nodig is vir heil en verheffing te bedien. Mense sluit heilige verbonde met God wanneer hulle hierdie ordinansies ontvang. Die ordinansies van heil en verheffing word hieronder gelys:

  • Doop

  • Bevestiging en die gawe van die Heilige Gees

  • Toekenning van die Melgisédekse Priesterskap en ordinering tot ʼn amp (vir mans)

  • Tempelbegiftiging

  • Tempelverseëling

As ʼn kind wat in die verbond gebore is voor die ouderdom van 8 sterf, word geen ordinansies benodig of uitgevoer nie. As die kind nie in die verbond gebore is nie, is die enigste ordinansie wat hy of sy nodig het, om aan ouers verseël te word. As gevolg van die Saligmaker se Versoening word alle kinders wat voor die ouderdom van 8 sterf “gered in die selestiale koninkryk van die hemel” (Leer en Verbonde 137:10; sien ook Moroni 8:8–12).

18.3

Deelname aan ʼn Ordinansie of Seëning

Diegene wat ʼn ordinansie of seëning uitvoer of daaraan deelneem, moet die nodige priesterskapsgesag hê en waardig wees. Oor die algemeen is die standaard van waardigheid dié wat verband hou met die hou van ʼn tempelaanbeveling. Soos gelei deur die Gees en die instruksies in hierdie hoofstuk, kan biskoppe en penpresidente egter vaders en mans wat die nodige priesteramp beklee, toelaat om sommige ordinansies en seëninge uit te voer of daaraan deel te neem, selfs al is hulle nie ten volle tempelwaardig nie. ʼn Priesterskapshouer wat onopgeloste ernstige sondes het, mag nie deelneem nie.

Om sekere ordinansies en seëninge uit te voer of te ontvang, vereis goedkeuring van ʼn presiderende leier wat die nodige priesterskapsleutels hou (sien 3.4.1). Indien nodig, kan goedkeuring verleen word deur ʼn raadgewer wat hy magtig. Sien die volgende tabelle. Verwysings na penpresidente is ook van toepassing op sendingpresidente. Verwysings na biskoppe is ook van toepassing op takpresidente.

Watter Leiers Hou die Sleutels om Goedkeuring te Gee om die Ordinansies van Heil en Verheffing Uit te Voer of te Ontvang?

Ordinansie

Wie Hou Sleutels

Ordinansie

Doop

Wie Hou Sleutels

Biskop (vir 8-jarige kinders en vir lede op rekord van 9 jaar en ouer wie se doop vertraag is weens intellektuele gestremdhede)

Sendingpresident (vir bekeerlinge)

Ordinansie

Bevestiging en die gawe van die Heilige Gees

Wie Hou Sleutels

Biskop (vir 8-jarige kinders en vir lede op rekord van 9 jaar en ouer wie se doop vertraag is weens intellektuele gestremdhede)

Sendingpresident (vir bekeerlinge)

Ordinansie

Toekenning van die Melgisédekse Priesterskap en ordinering tot ʼn amp (vir mans)

Wie Hou Sleutels

Penpresident

Ordinansie

Tempelbegiftiging

Wie Hou Sleutels

Biskop en penpresident

Ordinansie

Tempelverseëling

Wie Hou Sleutels

Biskop en penpresident

Watter Leiers Hou die Sleutels om Goedkeuring te Gee om Ander Ordinansies en Seëninge Uit te Voer of te Ontvang?

Ordinansie of Seëning

Wie Hou Sleutels

Ordinansie of Seëning

Benoeming en seëning van kinders

Wie Hou Sleutels

Biskop

Ordinansie of Seëning

Die nagmaal

Wie Hou Sleutels

Biskop

Ordinansie of Seëning

Toekenning van die Aäroniese Priesterskap en ordinering tot ʼn amp (vir jongmans en mans)

Wie Hou Sleutels

Biskop

Ordinansie of Seëning

Afsondering van lede om in roepings te dien

Wie Hou Sleutels

Sien 30.8

Ordinansie of Seëning

Wyding van olie

Wie Hou Sleutels

Goedkeuring nie nodig nie

Ordinansie of Seëning

Salwing van die siekes

Wie Hou Sleutels

Goedkeuring nie nodig nie

Ordinansie of Seëning

Seëninge van vertroosting en raad, insluitend vader se seëninge

Wie Hou Sleutels

Goedkeuring nie nodig nie

Ordinansie of Seëning

Toewyding van huise

Wie Hou Sleutels

Goedkeuring nie nodig nie

Ordinansie of Seëning

Toewyding van grafte

Wie Hou Sleutels

Die priesterskapsleier wat oor die diens presideer

Ordinansie of Seëning

Patriargale seëninge

Wie Hou Sleutels

Biskop

18.4

Ordinansies vir Minderjarige Kinders

ʼn Minderjarige kind kan geseën, gedoop, bevestig, tot ʼn priesteramp geordineer word, of afgesonder word vir ʼn roeping slegs met die toestemming van (1) ouers wat ʼn wettige reg het om aan die besluit deel te neem of (2) wettige voogde.

18.6

Benoeming en Seëning van Kinders

Kinders word tipies benoem en geseën tydens vas- en getuienisvergadering in die wyk waar hul ouers woon.

18.6.1

Wie Gee die Seëning

Die ordinansie van die benoeming en seëning van ʼn kind word uitgevoer deur Melgisédekse Priesterskapshouers, in ooreenstemming met Leer en Verbonde 20:70.

ʼn Persoon of familie wat verlang dat ʼn kind ʼn naam en ʼn seëning ontvang, koördineer die ordinansie met die biskop. Hy hou die priesterskapsleutels vir benoeming en seëning van kinders in die wyk.

ʼn Biskop kan ʼn vader wat die Melgisédekse Priesterskap hou, toelaat om sy kind te benoem en te seën selfs as die vader nie ten volle tempelwaardig is nie (sien 18.3). Biskoppe moedig vaders aan om hulself voor te berei om hulle eie kinders te seën.

18.6.2

Instruksies

Onder leiding van die bisdom kom die Melgisédekse Priesterskapshouers in ʼn kring bymekaar om ʼn kind te benoem en te seën. Hulle plaas hul hande onder ʼn baba, of hulle plaas hul hande liggies op ʼn ouer kind se hoof. Die een wat as stem optree:

  1. Spreek Hemelse Vader aan soos in gebed.

  2. Noem dat die seëning uitgevoer word deur die gesag van die Melgisédekse Priesterskap.

  3. Gee die kind ʼn naam.

  4. Spreek die kind aan.

  5. Seën die kind soos gelei deur die Gees.

  6. Sluit af in die Naam van Jesus Christus.

18.6.3

Child Record Form and Blessing Certificate [Kinderrekordvorm en Seëningsertifikaat]

Voor ʼn kind geseën word, gebruik ʼn klerk Leader and Clerk Resources (LCR) [Leier en Klerkhulpbronne] om ʼn Child Record Form [Kinderrekordvorm] voor te berei. Ná die seëning skep hy die lidmaatskapsrekord in daardie stelsel en berei ʼn Blessing Certificate [Seëningsertifikaat] voor. Hierdie sertifikaat word deur die biskop onderteken en aan die kind se ouers of voogde gegee.

Die naam op die lidmaatskapsrekord en -sertifikaat moet ooreenstem met die geboortesertifikaat, siviele geboorteregister of huidige wettige naam.

18.7

Doop

Doop deur onderdompeling in water deur iemand met gesag is nodig vir ʼn persoon om ʼn lid van die Kerk te word en die Heilige Gees te ontvang. Almal wat verheffing nastreef, moet die voorbeeld van die Saligmaker volg deur hierdie ordinansies te ontvang.

18.7.1

Goedkeuring vir ʼn Persoon om Gedoop en Bevestig te Word

18.7.1.1

Kinders Wat Lede op Rekord Is

Die biskop hou die priesterskapsleutels vir die doop van 8-jarige lede op rekord in ʼn wyk. Hierdie kinders moet gedoop en bevestig word op, of so kort ná hul 8ste verjaardag as wat redelik is (sien Leer en Verbonde 68:27). Dit is kinders vir wie Kerklidmaatskapsrekords reeds bestaan (sien 33.6.2). Wanneer hulle die ouderdom van 8 bereik, maak die biskop seker dat hulle elke geleentheid het om die evangelie te aanvaar en gedoop en bevestig te word.

Die biskop of ʼn toegewysde raadgewer voer onderhoude met kinders op rekord vir doop en bevestiging. Instruksies is in 31.2.3.1.

Vir inligting oor die invul van die Baptism and Confirmation Record [Doop- en Bevestigingsrekord], sien 18.8.3.

18.7.1.2

Bekeerlinge

Die sendingpresident hou die priesterskapsleutels vir die doop van bekeerlinge in ʼn sending. Om hierdie rede voer voltydse sendelinge onderhoude met bekeerlinge vir doop en bevestiging.

18.7.2

Doopdienste

ʼn Doopdiens moet eenvoudig, kort en geestelik opbouend wees. Dit kan die volgende insluit:

  1. Voorspelmusiek

  2. ʼn Kort verwelkoming deur die broer wat die diens lei.

  3. ʼn Openingsgesang en gebed

  4. Een of twee kort boodskappe oor evangelie-onderwerpe, soos die doop en die gawe van die Heilige Gees

  5. ʼn Musikale seleksie

  6. Die doop

  7. ʼn Tyd van eerbied terwyl diegene wat aan die doop deelgeneem het, droë klere aantrek (gesange of Primêre Organisasie-liedere mag gedurende hierdie tyd gespeel of gesing word)

  8. Die bevestiging van 8-jarige lede op rekord; die bevestiging van bekeerlinge indien dit deur die biskop bepaal word (sien 18.8)

  9. Lewering van getuienisse deur nuwe bekeerlinge, indien verkies

  10. ʼn Slotgesang en gebed

  11. Naspelmusiek

Wanneer ʼn kind op rekord voorberei om gedoop te word, beraadslaag ʼn lid van die bisdom en Primêre Presidensie met die gesin om ʼn doopdiens te beplan en te skeduleer. ʼn Lid van die bisdom lei die diens. As meer as een kind in dieselfde maand gedoop sal word, kan hulle ʼn doopdiens deel.

In penne met baie kinders op rekord, kan kinders uit verskeie wyke dieselfde doopdiens deel. ʼn Lid van die penpresidensie of ʼn toegewysde hoëraadslid lei die diens.

Die doop van ʼn familielid moet nie vertraag word totdat ʼn vader die priesterskap kan ontvang en self die doop kan uitvoer nie.

Onder leiding van die bisdom beplan en lei die wyksendingleier (indien een geroep is) of die lid van die ouderlingskworumpresidensie wat sendingwerk in die wyk lei, doopdienste vir bekeerlinge. Hulle koördineer met die voltydse sendelinge.

18.7.3

Wie Voer die Ordinansie Uit

Die ordinansie van die doop word deur ʼn priester of Melgisédekse Priesterskapshouer uitgevoer. Die persoon wat ʼn doop uitvoer, moet deur die biskop goedgekeur word (of deur die sendingpresident indien ʼn voltydse sendeling die doop uitvoer).

ʼn Biskop kan ʼn vader wat ʼn priester of ʼn Melgisédekse Priesterskapshouer is, toelaat om sy kind te doop, selfs al is die vader nie heeltemal tempelwaardig nie (sien 18.3). Biskoppe moedig vaders aan om hulself voor te berei om hul eie kinders te doop.

18.7.4

Waar om die Ordinansie Uit te Voer

Dope moet in ʼn doopvont uitgevoer word as een beskikbaar is. As daar nie ʼn vont is nie, kan ʼn veilige watermassa gebruik word.

Vir veiligheid moet ʼn verantwoordelike volwassene teenwoordig wees terwyl ʼn vont gevul word en bly totdat dit gedreineer, skoongemaak en beveilig is. Die vont moet onmiddellik ná elke doopdiens gedreineer word. Die deure na die vont moet gesluit word as dit nie gebruik word nie.

18.7.5

Kleding

ʼn Persoon wat ʼn doop uitvoer en ʼn persoon wat gedoop word, dra wit klere wat nie deursigtig is as dit nat is nie. ʼn Begiftigde persoon dra die tempelkleding onder hierdie klere wanneer hy ʼn doop uitvoer. Plaaslike eenhede koop doopklere met begrotingsfondse en vra nie geld vir die gebruik daarvan nie.

18.7.6

Getuies

Twee getuies wat deur die presiderende leier goedgekeur is, neem elke doop waar om seker te maak dit word behoorlik uitgevoer. Gedoopte lede van die Kerk, insluitend kinders en jeugdiges, mag dien as getuies.

Die doop moet herhaal word indien die woorde nie presies gesê word soos dit in Leer en Verbonde 20:73 gegee word nie. Dit moet ook herhaal word indien ʼn deel van die persoon se liggaam, hare of klere nie heeltemal onder die water gaan nie.

18.7.7

Instruksies

Om die ordinansie van die doop uit te voer, moet ʼn priester of Melgisédekse Priesterskapshouer:

  1. In die water staan met die persoon wat gedoop moet word.

  2. Die persoon se regtergewrig met sy linkerhand vashou (vir gemak en veiligheid). Die persoon wat gedoop word hou die priesterskapshouer se linkergewrig met sy of haar linkerhand vas.

  3. Sy regterarm tot die vierkant omhoog lig.

  4. Die persoon se volle naam noem en sê: “In opdrag van Jesus Christus, doop ek u in die Naam van die Vader, en van die Seun, en van die Heilige Gees. Amen” (Leer en Verbonde 20:73).

  5. Die persoon sy of haar neus met die regterhand laat vashou (gerieflikheidshalwe); plaas dan sy regterhand hoog op die persoon se rug en onderdompel die persoon heeltemal, insluitend klere.

  6. Help die persoon om uit die water op te kom.

18.8

Bevestiging en die Gawe van die Heilige Gees

Nadat ʼn persoon gedoop is, word hy of sy bevestig as ʼn lid van die Kerk en ontvang die Heilige Gees deur die oplegging van hande (sien Leer en Verbonde 20:41; Handelinge 19:1–6). Die persoon word ʼn lid van die Kerk nadat beide hierdie ordinansies voltooi is en behoorlik aangeteken is (sien Johannes 3:5; Leer en Verbonde 33:11; 3 Nefi 27:20).

Die biskop hou toesig oor die uitvoering van bevestigings. Agtjarige kinders word gewoonlik bevestig op die dag waarop hulle gedoop word. Bekeerlinge word tipies bevestig in enige nagmaaldiens in die wyk waar hulle woon, verkieslik op die Sondag ná hul doop.

ʼn Lid van die bisdom volg die riglyne in 29.2.1.1 wanneer hy nuwe lede voorstel.

18.8.1

Wie Voer die Ordinansie Uit

Slegs ʼn Melgisédekse Priesterskapshouer wat tempelwaardig is, mag as stem dien vir ʼn bevestiging. ʼn Biskop kan egter toelaat dat ʼn vader wat die Melgisédekse Priesterskap hou, in die kring staan vir die bevestiging van sy kind, selfs al is die vader nie heeltemal tempelwaardig nie (sien 18.3).

Ten minste een lid van die bisdom neem deel aan die ordinansie. Wanneer sendelingouderlinge ʼn bekeerling onderrig het, nooi die biskop hulle uit om deel te neem.

18.8.2

Instruksies

Een of meer Melgisédekse Priesterskapshouers kan aan ʼn bevestiging deelneem onder leiding van die bisdom. Hulle plaas hul hande liggies op die persoon se hoof. Die een wat as stem optree:

  1. Noem die persoon by sy of haar volle naam.

  2. Noem dat die ordinansie uitgevoer word deur die gesag van die Melgisédekse Priesterskap.

  3. Bevestig die persoon ʼn lid van Die Kerk van Jesus Christus van die Heiliges van die Laaste Dae.

  4. Gebruik die woorde “ontvang die Heilige Gees” (nie “ontvang die gawe van die Heilige Gees” nie).

  5. Gee woorde van seëning soos gelei deur die Gees.

  6. Sluit af in die Naam van Jesus Christus.

18.8.3

Doop- en Bevestigingsrekord en -sertifikaat

Voordat ʼn onderhoud vir die doop gevoer word met kind wat ʼn lid op rekord is, gebruik ʼn klerk LCR om ʼn Baptism and Confirmation Form [Doop- en bevestigingsvorm] voor te berei. Die biskop of toegewysde raadgewer voer die onderhoud en teken die vorm. Na die doop en bevestiging, gebruik ʼn klerk die vorm om die kind se lidmaatskapsrekord op datum te kry in LCR.

Wanneer ʼn voltydse sendeling ʼn onderhoud met ʼn bekeerling vir die doop voer, vul hy die Baptism and Confirmation Record [Doop- en Bevestigingsrekord] in met behulp van die Area Book Planner (ABP)-app. Na die doop en bevestiging teken die sendelinge die inligting aan in ABP en dien dit elektronies in aan die wyksklerk. Die wyksklerk hersien die inligting in LCR en skep die lidmaatskapsrekord.

Nadat die lidmaatskapsrekord geskep is, berei ʼn klerk ʼn Baptism and Confirmation Certificate [Doop- en Bevestigingsertifikaat] voor. Hierdie sertifikaat word deur die biskop onderteken en aan die persoon gegee.

Die naam op die lidmaatskapsrekord en -sertifikaat moet ooreenstem met die geboortesertifikaat, siviele geboorteregister of huidige wettige naam.

18.9

Die Nagmaal

Kerklede vergader op die Sabbatdag om God te aanbid en die nagmaal te gebruik (sien Leer en Verbonde 20:75; 59:9; en Moroni 6:5–6). Tydens hierdie ordinansie gebruik hulle die brood en water om die Saligmaker se offerande van sy vlees en bloed te onthou en om hulle heilige verbonde te hernu (sien Matthéüs 26:26–28; Joseph Smith-vertaling, Markus 14:20–25; Lukas 22:15–20; 3 Nefi 18; Moroni 6:6).

18.9.1

Goedkeuring om die Nagmaal te Bedien

Die biskop hou die priesterskapsleutels vir die bediening van die nagmaal in die wyk. Almal wat deelneem aan die voorbereiding, seën en aangee van die nagmaal moet goedkeuring van hom of iemand onder sy leiding ontvang.

18.9.2

Wie Voer die Ordinansie Uit

  • Leraars, priesters en Melgisédekse Priesterskapshouers mag die nagmaal voorberei.

  • Priesters of Melgisédekse Priesterskapshouers mag die nagmaal seën.

  • Diakens, leraars, priesters en Melgisédekse Priesterskapshouers mag die nagmaal aangee.

18.9.3

Riglyne vir die Nagmaal

As gevolg van die heilige aard van die nagmaal, moet priesterskapsleiers noukeurig voorberei sodat dit ordelik en eerbiedig is.

Diegene wat die nagmaal bedien moet dit op ʼn waardige manier doen en besef dat hulle die Here verteenwoordig.

Die aangee van die nagmaal moet natuurlik en nie té formeel wees nie.

Alhoewel die nagmaal vir lede van die Kerk is, moet niks gedoen word om ander te verhoed om daaraan deel te neem nie.

18.9.4

Instruksies

  1. Diegene wat die nagmaal voorberei, seën of aangee, was eers hul hande met seep of ander reiniger.

  2. Leraars, priesters of Melgisédekse Priesterskapshouers sorg dat broodskinkborde met ongebreekte brood, waterskinkborde met houertjies skoon water en skoon tafeldoeke voor die vergadering in plek is.

  3. Terwyl wykslede ʼn nagmaalsgesang sing, staan diegene wat die nagmaal sal seën eerbiedig, verwyder die doek wat die broodskinkborde bedek en breek die brood in happiegrootte stukke.

  4. Na die gesang, kniel die persoon wat die brood seën en sê die nagmaalsgebed vir die brood (sien Leer en Verbonde 20:77).

  5. Die biskop verseker dat die nagmaalsgebede duidelik, akkuraat en met waardigheid gesê word. As iemand ʼn fout in die bewoording maak en homself regstel, is geen verdere regstelling nodig nie. As die persoon nie sy fout regstel nie, vra die biskop hom vriendelik om die gebed te herhaal.

  6. Ná die gebed gee priesterskapshouers die brood eerbiedig aan die lede aan. Die presiderende leier ontvang dit eerste, waarna daar geen vasgestelde volgorde is nie. Sodra ʼn skinkbord aan lede oorhandig is, kan hulle dit vir mekaar aangee.

  7. Lede gebruik hul regterhand waar moontlik.

  8. Wanneer die brood aan alle lede aangegee is, neem diegene wat die nagmaal aangee, die skinkborde terug na die nagmaalstafel. Diegene wat die nagmaal seën, plaas ʼn doek oor die broodskinkborde en ontbloot die waterskinkborde.

  9. Die persoon wat die water seën, kniel en sê die nagmaalsgebed vir die water (sien Leer en Verbonde 20:79). Hy vervang die woord wyn met water.

  10. Na die gebed gee priesterskapshouers die water eerbiedig aan die lede aan. Die presiderende leier ontvang dit eerste, waarna daar geen vasgestelde volgorde is nie.

  11. Wanneer die water aan alle lede aangegee is, neem diegene wat die nagmaal aangee, die skinkborde terug na die nagmaalstafel. Diegene wat die nagmaal geseën het, plaas ʼn doek oor die waterskinkborde en diegene wat die nagmaal geseën en aangegee het, neem hulle sitplekke eerbiedig in.

  12. Na die vergadering ruim diegene wat die nagmaal voorberei het op, vou die tafeldoeke en verwyder enige ongebruikte brood.

18.10

Toekenning van die Priesterskap en Ordinering tot ʼn Amp

Daar is twee afdelings van die priesterskap: die Aäroniese en Melgisédekse (sien 3.3; Leer en Verbonde 107:1, 6). Wanneer die priesterskap aan ʼn persoon toegeken word, word hy ook geordineer tot ʼn amp in daardie priesterskap. Nadat een van hierdie priesterskappe toegeken is, hoef ʼn man slegs in daardie priesterskap tot ander ampte geordineer te word.

18.10.1

Melgisédekse Priesterskap

Waardige mans van 18 jaar en ouer kan die Melgisédekse Priesterskap ontvang en tot die ampte van ouderling en hoëpriester geordineer word. Die biskop doen egter gewoonlik aanbevelings vir hierdie ordinerings.

18.10.1.1

Ouderlinge

Waardige broers mag die Melgisédekse Priesterskap ontvang en as ouderlinge geordineer word wanneer hulle 18 jaar of ouer is. Op grond van individuele omstandighede bepaal die biskop of ʼn jong man aanbeveel moet word om kort ná sy 18de verjaardag as ʼn ouderling geordineer word of langer by die priesterskworum moet bly.

By die neem van hierdie besluit konsulteer die biskop eers met die jong man en sy ouers of voogde. Waardige mans moet op 19-jarige ouderdom as ouderlinge geordineer word of voordat hulle die huis verlaat om universiteit toe te gaan, ʼn voltydse sending te dien, in die weermag te dien of voltydse werk te aanvaar.

Onlangs gedoopte mans van 18 jaar en ouer word as ouderlinge geordineer nadat hulle:

  • Die Aäroniese Priesterskap ontvang het en as priesters gedien het.

  • Voldoende begrip van die evangelie ontwikkel het.

  • Hulle waardigheid gedemonstreer het.

Geen spesifieke tyd as Kerklid word vereis nie.

18.10.1.2

Hoёpriesters

Mans word as hoёpriesters geordineer wanneer hulle tot die penpresidensie, hoëraad of bisdom geroep word.

18.10.1.3

Onderhoudvoering en Onderskraging

Met die goedkeuring van die penpresidensie voer die biskop ʼn onderhoud met die broer soos voorgeskryf in die Melchizedek Priesthood Ordination Record [Melgisédekse Priesterskapsordineringsrekord]. Dan voer ʼn lid van die penpresidensie ook ʼn onderhoud met hom. Die distrikspresident kan ʼn onderhoud voer met ʼn broer om as ʼn ouderling geordineer te word met goedkeuring van die sendingpresident (sien 6.3).

18.10.2

Aäroniese Priesterskap

Die biskop hou die priesterskapsleutels vir die skenking van die Aäroniese Priesterskap en ordinering tot die ampte van diaken, leraar en priester. Waardige broers word tipies op die volgende ouderdomme tot hierdie ampte geordineer, maar nie vroeër nie:

  • Diaken aan die begin van die jaar wat hulle 12 word

  • Leraar aan die begin van die jaar wat hulle 14 word

  • Priester aan die begin van die jaar wat hulle 16 word

Die biskop of ʼn toegewysde raadgewer voer onderhoude met diegene wat as diakens of leraars geordineer moet word om vas te stel of hulle geestelik voorbereid is. Die biskop voer onderhoude met broers wat as priesters geordineer moet word.

Voordat ʼn onderhoud met ʼn jong man gevoer word vir priesterskapsordinering, verkry ʼn lid van die bisdom toestemming van die jong man se ouers of voogde. As die ouers geskei is, kry hy toestemming van die ouer(s) met wettige toesig.

18.10.3

Voorstelling van ʼn Lid wat Onderskraag Moet Word Voordat Hy Geordineer Word

Nadat ʼn onderhoud met ʼn broer gevoer is en waardig bevind is om tot ʼn priesterskapsamp geordineer te word, word hy voorgestel vir onderskraging (sien Leer en Verbonde 20:65, 67). Broers wat as ouderlinge of hoëpriesters geordineer moet word, word deur ʼn lid van die penpresidensie in die algemene sessie van penkonferensie voorgestel (sien 6.3 vir instruksies vir distrikspresidente). Broers wat as diakens, leraars of priesters geordineer moet word, word deur ʼn lid van die bisdom voorgestel in die nagmaaldiens.

Die persoon wat die onderskraging lei, vra die broer om te staan. Hy kondig die voorstel aan om die Aäroniese of Melgisédekse Priesterskap toe te ken (indien nodig) en om die broer tot die priesteramp te ordineer. Hy nooi lede dan om die voorstel te onderskraag. Byvoorbeeld, om ʼn broer wat as ʼn ouderling geordineer moet word, voor te stel, kan hy woorde soos hierdie gebruik:

“Ons stel voor dat [naam] die Melgisédekse Priesterskap ontvang en tot die amp van ouderling geordineer word. Diegene wat ten gunste daarvan is, kan dit met die opgeligte hand wys. [Wag ʼn klein rukkie.] Diegene daarteen, indien enige, kan dit ook wys. [Wag ʼn klein rukkie.]”

As ʼn lid met ʼn goeie aansien die ordinering teenstaan, vergader die presiderende leier of ʼn ander toegewysde priesterskapsleier ná die vergadering privaat met hom of haar. Die leier probeer verstaan waarom die lid daarteen is. Hy vind uit of die lid van gedrag weet wat die persoon moontlik kan diskwalifiseer om tot die priesterskapsamp geordineer te word.

In sommige gevalle moet ʼn broer moontlik as ʼn ouderling of hoëpriester geordineer word voordat hy tydens ʼn penkonferensie voorgestel kan word. Wanneer dit gebeur, word hy in sy eie wyk se nagmaaldiens voorgestel vir onderskraging. Hy word dan by die volgende penkonferensie voorgestel om die ordinering te bekragtig (die proses vir onderskraging soos hierbo beskryf word aangepas).

18.10.4

Wie Voer die Ordinansie Uit

Die penpresident of ʼn Melgisédekse Priesterskapshouer onder sy leiding mag ʼn man tot die amp van ouderling ordineer. Met toestemming van die sendingpresident kan die distrikspresident of iemand onder sy leiding die ordinering uitvoer (sien 6.3). Slegs Melgisédekse Priesterskapshouers mag in die kring staan.

Die penpresident of ʼn hoёpriester onder sy leiding kan ʼn man tot die amp van hoëpriester ordineer. Slegs hoёpriesters mag in die kring staan.

ʼn Persoon wat ʼn man tot ʼn Melgisédekse Priesterskapsamp ordineer moet tempelwaardig wees. Die penpresident of iemand wat hy aanwys, moet teenwoordig wees.

ʼn Priester of Melgisédekse Priesterskapshouer mag ʼn broer ordineer tot die amp van diaken, leraar of priester. Hy moet deur die biskop gemagtig word. Die biskop of iemand wat hy aanwys moet teenwoordig wees.

Om deel te neem aan ʼn Aäroniese Priesterskapsordinering, moet ʼn persoon ʼn priester of Melgisédekse Priesterskapshouer wees.

ʼn Biskop kan ʼn vader wat ʼn priester of ʼn Melgisédekse Priesterskapshouer is, toelaat om sy seun tot die amp van diaken, onderwyser of priester te ordineer, selfs al is die vader nie ten volle tempelwaardig nie (sien 18.3). Biskoppe moedig vaders aan om hulleself voor te berei om hul eie seuns te ordineer.

18.10.5

Instruksies

Om die priesterskap toe te ken en ʼn persoon tot ʼn priesterskapsamp te ordineer, plaas een of meer priesterskapshouers hulle hande liggies op die persoon se hoof. Die een wat as stem optree:

  1. Noem die persoon by sy volle naam.

  2. Noem die gesag wat hy persoonlik hou om die ordinansie uit te voer (óf die Aäroniese óf Melgisédekse Priesterskap).

  3. Ken die Aäroniese of Melgisédekse Priesterskap toe, tensy dit reeds toegeken is.

  4. Ordineer die persoon tot ʼn amp in die Aäroniese of Melgisédekse Priesterskap en verleen die regte, magte en gesag van daardie amp.

  5. Gee woorde van seëning soos gelei deur die Gees.

  6. Sluit af in die Naam van Jesus Christus.

Om ʼn persoon tot ʼn priesterskapsamp te ordineer nadat hy alreeds die toepaslike priesterskap ontvang het, laat die persoon wat die ordinering uitvoer, stap 3 uit.

18.10.6

Ordineringsrekord en -sertifikaat

Voor ʼn onderhoud met ʼn broer gevoer word om tot ʼn amp in die Aäroniese Priesterskap geordineer te word, gebruik ʼn klerk LCR om ʼn Aaronic Priesthood Ordination Record [Aäroniese Priesterskapsordineringsrekord] voor te berei. Die biskop of ʼn aangewysde raadgewer voer die onderhoud en teken die vorm as daar aan alle waardigheidsvoorwaardes voldoen word.

Ná die ordinering voltooi die biskop of ʼn toegewysde raadgewer die vorm en gee dit aan ʼn klerk. Hy teken die ordinering aan in LCR en berei ʼn ordineringsertifikaat voor.

ʼn Persoon se huidige wettige naam moet gebruik word op die ordineringsrekord en -sertifikaat.

18.11

Afsondering van Lede om in Roepings te Dien

Lede wat geroep en onderskraag word tot die meeste Kerkposisies, moet afgesonder word om in daardie posisie te dien (sien Johannes 15:16; Leer en Verbonde 42:11; sien ook 3.4.3.1 in hierdie handleiding). Tydens die afsondering word die persoon (1) gesag gegee om in die roeping op te tree en (2) woorde van seëning soos gelei deur die Gees.

Penpresidente, biskoppe en kworumpresidente ontvang sleutels van presidensie wanneer hulle afgesonder word (sien 3.4.1.1). Die woord sleutels moet egter nie gebruik word wanneer lede afgesonder word om in ander roepings te dien nie, insluitend raadgewers in presidensies.

18.11.1

Wie Voer die Afsondering Uit

ʼn Afsondering word deur ʼn Melgisédekse Priesterskapshouer uitgevoer. Hy moet goedkeuring ontvang van die leier wat die toepaslike sleutels hou. Diegene wat gemagtig is om ʼn afsondering uit te voer, word aangedui in 30.8. ʼn Ouderling moet nie as stem optree of in die kring staan as ʼn man afgesonder word in ʼn amp wat vereis dat hy ʼn hoëpriester moet wees nie.

Onder leiding van die presiderende leier kan een of meer Melgisédekse Priesterskapshouers aan ʼn afsondering deelneem. Presidente word vóór hulle raadgewers afgesonder.

ʼn Presiderende leier kan toelaat dat ʼn man of vader wat die Melgisédekse Priesterskap hou, in die kring staan vir die afsondering van sy vrou of kinders, selfs al is hy nie heeltemal tempelwaardig nie (sien 18.3).

18.11.2

Instruksies

Een of meer gemagtigde Melgisédekse Priesterskapshouers plaas hulle hande liggies op die persoon se hoof. Die een wat as stem optree:

  1. Noem die persoon by sy of haar volle naam.

  2. Sê dat hy optree deur die gesag van die Melgisédekse Priesterskap.

  3. Sonder die persoon af vir die roeping in die pen, wyk, kworum of klas.

  4. Ken sleutels toe as die persoon dit moet ontvang.

  5. Gee woorde van seëning soos gelei deur die Gees.

  6. Sluit af in die Naam van Jesus Christus.

18.12

Wyding van Olie

Melgisédekse Priesterskapshouers moet olyfolie wy voor dit gebruik word om die siekes of geteisterdes te salf (sien Jakobus 5:14). Geen ander olie mag gebruik word nie.

Lede moet nie gewyde olie drink of dit op aangetasde dele van die liggaam toedien nie.

18.12.1

Wie Voer die Ordinansie Uit

Een of meer Melgisédekse Priesterskapshouers kan die olie wy. Hulle hoef nie toestemming van ʼn priesterskapsleier te kry nie.

18.12.2

Instruksies

Om die olie te wy, moet ʼn Melgisédekse Priesterskapshouer:

  1. ʼn Oop houer met olyfolie hou.

  2. Hemelse Vader soos in gebed aanspreek.

  3. Sê dat hy optree deur die gesag van die Melgisédekse Priesterskap.

  4. Hy die olie wy (nie die houer nie) en sonder dit af vir die salwing en seëning van die siekes en geteisterdes.

  5. Sluit af in die Naam van Jesus Christus.

18.13

Salwing van die Siekes

Salwing van die siekes “deur die oplegging van hande” bestaan uit twee dele: salwing met olie en verseëling van die salwing met ʼn seëning. As gewyde olie nie beskikbaar is nie, kan ʼn seëning deur die gesag van die priesterskap gegee word sonder die salwing.

18.13.1

Wie Gee die Seëning

Slegs waardige Melgisédekse Priesterskapshouers kan die siekes of geteisterdes salf. Hulle hoef nie toestemming van ʼn priesterskapsleier te kry nie. Indien moontlik, salf ʼn vader wat die Melgisédekse Priesterskap hou, siek lede van sy familie.

Twee of meer Melgisédekse Priesterskapshouers salf gewoonlik die siekes. Een persoon kan egter beide die salwing en verseëling uitvoer.

18.13.2

Instruksies

Die salwing van die olie word gedoen deur een Melgisédekse Priesterskapshouer. Hy:

  1. Plaas ʼn druppel van die gewyde olie op die persoon se hoof.

  2. Plaas sy hande liggies op die persoon se hoof en noem die persoon by sy of haar volle naam.

  3. Sê dat hy optree deur die gesag van die Melgisédekse Priesterskap.

  4. Noem dat hy die salwing doen met olie wat gewy is vir die salwing en seëning van die siekes en geteisterdes.

  5. Sluit af in die Naam van Jesus Christus.

Om die salwing te verseël, plaas een of meer priesterskapshouers hulle hande liggies op die persoon se hoof. Die een wat die salwing verseël:

  1. Noem die persoon by sy of haar volle naam.

  2. Noem dat hy die salwing seël deur die gesag van die Melgisédekse Priesterskap.

  3. Gee woorde van seëning soos gelei deur die Gees.

  4. Sluit af in die Naam van Jesus Christus.

18.14

Seëninge van Vertroosting en Raad, Insluitend Vader se Seëninge

18.14.1

Wie Gee die Seëning

Melgisédekse Priesterskapshouers kan seëninge van vertroosting en raad gee aan familielede en ander wat daarvoor vra.

ʼn Vader wat die Melgisédekse Priesterskap hou, kan vader se seëninge aan sy kinders gee. Ouers moedig hulle kinders aan om vir ʼn vader se seëning te vra wanneer nodig. Vader se seëninge mag opgeteken word vir persoonlike gebruik.

ʼn Melgisédekse Priesterskapshouer hoef nie goedkeuring te verkry van ʼn priesterskapsleier om ʼn seëning van vertroosting en raad of ʼn vader se seëning te gee nie.

18.14.2

Instruksies

Om ʼn seëning van vertroosting en raad of ʼn vader se seëning te gee, plaas een of meer priesterskapshouers hulle hande liggies op die persoon se hoof. Die een wat as stem optree:

  1. Noem die persoon by sy of haar volle naam.

  2. Noem dat die seëning uitgevoer word deur die gesag van die Melgisédekse Priesterskap.

  3. Gee woorde van seëning, vertroosting en raad soos gelei deur die Gees.

  4. Sluit af in die Naam van Jesus Christus.

18.15

Toewyding van Huise

Kerklede kan hulle huise laat toewy deur die gesag van die Melgisédekse Priesterskap.

18.15.2

Instruksies

Om ʼn huis toe te wy, moet ʼn Melgisédekse Priesterskapshouer:

  1. Hemelse Vader soos in gebed aanspreek.

  2. Sê dat hy optree deur die gesag van die Melgisédekse Priesterskap.

  3. Die huis toewy as ʼn heilige plek waar die Heilige Gees kan woon en gee ander woorde soos gelei deur die Gees.

  4. Sluit af in die Naam van Jesus Christus.

18.16

Toewyding van Grafte

18.16.1

Wie Wy die Graf Toe

ʼn Persoon wat die graf toewy moet die Melgisédekse Priesterskap hou en gemagtig word deur die priesterskapsleier wat die diens lei.

18.16.2

Instruksies

Om ʼn graf toe te wy, moet ʼn Melgisédekse Priesterskapshouer:

  1. Hemelse Vader soos in gebed aanspreek.

  2. Sê dat hy optree deur die gesag van die Melgisédekse Priesterskap.

  3. Die graf as die rusplek vir die liggaam van die oorledene wy en heilig.

  4. Bid dat die plek geheilig en beskerm sal word tot die opstanding (waar toepaslik).

  5. Hemelse Vader vra om die gesin te vertroos en spreek gedagtes uit soos gelei deur die Gees.

  6. Sluit af in die Naam van Jesus Christus.

As die liggaam van ʼn lid van die Kerk veras word, gebruik die presiderende leier sy oordeel om te besluit of die plek waar die as gehou word, toegewy moet word.

18.17

Patriargale Seëninge

Elke waardige, gedoopte lid is geregtig om ʼn patriargale seëning te ontvang wat geïnspireerde leiding van Hemelse Vader voorsien (sien Génesis 48:14–1649; 2 Nefi 4:3–11).

Die biskop of ʼn aangewysde raadgewer voer onderhoude met lede wat ʼn patriargale seëning wil ontvang. As die lid waardig is, berei die onderhoudvoerder ʼn Patriarchal Blessing Recommend [Patriargale Seëningaanbeveling] voor. Hy stuur dit in deur die Patriarchal Blessing System by ChurchofJesusChrist.org.

Die persoon wat ʼn patriargale seëningaanbeveling uitreik, verseker dat die lid volwasse genoeg is om die betekenis en heilige aard van die seëning te verstaan.

18.17.1

Ontvangs van ʼn Patriargale Seëning

Nadat die lid ʼn aanbeveling ontvang het, kontak hy die patriarg om ʼn afspraak te maak om ʼn patriargale seëning te ontvang. Op die dag van die afspraak moet die lid met ʼn biddende gesindheid en in Sondagsklere na die patriarg gaan.

Elke patriargale seëning is heilig, vertroulik en persoonlik. Daarom word dit privaat gegee, behalwe vir ʼn beperkte aantal familielede wat teenwoordig mag wees.

Iemand wat ʼn patriargale seëning ontvang, moet die woorde daarvan koester, daaroor nadink en só lewe dat hy waardig is om die beloofde seëninge in hierdie lewe en in die ewigheid te ontvang.

Kerklede moet nie seëninge vergelyk en dit nie met ander deel nie, behalwe met naaste familielede. Patriargale seëninge moet nie in kerkvergaderings of ander openbare byeenkomste gelees word nie.

Druk