Handleidings en Roepings
7. Die Bisdom


“7. Die Bisdom,” Seleksies uit die Algemene Handleiding (2023).

“7. Die Bisdom,” Seleksies uit die Algemene Handleiding

Beeld
man wat op die kansel praat

7.

Die Bisdom

7.1

Die Biskop en Sy Raadgewers

Die biskop hou die priesterskapsleutels om die werk van die Kerk in die wyk te lei (sien 3.4.1). Hy en sy raadgewers vorm ʼn bisdom.

Die biskop het vyf hoofverantwoordelikhede:

  • Hy is die presiderende hoëpriester in die wyk.

  • Hy is die president van die Aäroniese Priesterskap.

  • Hy is ʼn algemene regter.

  • Hy koördineer die werk van heil en verheffing, insluitend om vir behoeftiges te sorg.

  • Hy hou toesig oor rekords, finansies en die gebruik van die byeenkomplek.

Die biskop se grootste verantwoordelikheid is teenoor die opkomende geslag in die wyk (die kinders, jeugdiges en jong enkelvolwassenes). Om hom in staat te stel om op hierdie verantwoordelikheid te konsentreer, delegeer hy baie opdragte (sien 4.2.5).

7.1.1

Presiderende Hoёpriester

Die biskop is die wyk se primêre geestelike leier.

7.1.1.1

Wyksorganisasies en Priesterskapskworums

Die biskop het verantwoordelikheid vir die wyksverligtingsverenigings- en Jongdamesorganisasies. Hy ken sy raadgewers verantwoordelikheid toe vir die Sondagskool en Primêre Organisasie en ander wyksprogramme.

Die biskop se verantwoordelikhede vir Aäroniese Priesterskapskworums word uiteengesit in 7.1.2. Sy verantwoordelikhede vir ouderlingskworums word uiteengesit in 8.3.1.

7.1.1.2

Ordinansies en Seëninge

Die biskop rig die administrasie van die volgende ordinansies en seëninge in die wyk:

  • Die nagmaal

  • Benoeming en seëning van kinders

  • Doop en bevestiging van 8-jarige kinders op rekord (vir bekeerlinge, sien 31.2.3.2)

  • Toekenning van die Aäroniese Priesterskap en ordinering tot die ampte van diaken, leraar en priester

7.1.1.3

Rade en Vergaderings

Die biskop lei die wyksraad en die wyksjeugraad (sien 29.2.5 en 29.2.6).

Die bisdom beplan nagmaaldienste en ander wyksvergaderings gelys in hoofstuk 29.

7.1.1.4

Roepings en Ontheffings

Die biskop se verantwoordelikhede vir roepings en ontheffings word uiteengesit in hoofstuk 30.

7.1.2

President van die Aäroniese Priesterskap

Die biskop het die volgende verantwoordelikhede as die president van die Aäroniese Priesterskap in die wyk. Sy raadgewers staan hom by.

  • Ondersteun ouers in die onderrig van die jeug.

  • Hou toesig oor die Aäroniese Priesterskapskworums en Jongdamesklasse. Die biskop is die president van die priesterskworum (sien Leer en Verbonde 107:87–88). Sy eerste raadgewer het verantwoordelikheid vir die leraarskworum. Sy tweede raadgewer het verantwoordelikheid vir die diakenskworum.

  • Beraadslaag met die wyksjongdamespresident.

  • Vergader gereeld met elke jeugdige.

7.1.3

Algemene Regter

Die biskop is die algemene regter in die wyk (sien Leer en Verbonde 107:71–74). Hy het die volgende verantwoordelikhede:

  • Help jeug en volwassenes om te kwalifiseer vir en waardig te wees van ʼn tempelaanbeveling.

  • Voer onderhoude soos uiteengesit in 31.2.

  • Vergader met wykslede wat geestelike leiding soek, wat gewigtige persoonlike probleme het, of wat ernstige sondes gepleeg het, en help hulle om van die genesende krag van Jesus Christus gebruik te maak.

  • Hou lidmaatskapsrade soos nodig onder leiding van die penpresident. Vir riglyne, sien hoofstuk 32.

7.1.4

Koördinering van die Werk van Heil en Verheffing

Die biskop koördineer die werk van heil en verheffing in die wyk (sien hoofstuk 1). Sy raadgewers en ander wyksleiers staan hom by.

7.1.4.1

Lei Pogings om te Sorg vir Diegene met Fisiese Behoeftes

Vir meer inligting oor hoe die biskop vir behoeftiges sorg, sien 22.6.1.

7.1.5

Rekords, Finansies en die Byeenkomplek

Vir inligting oor rekords, sien hoofstuk 33. Vir inligting oor finansies, insluitend tiendes, sien hoofstuk 34. Vir inligting oor byeenkomplekke, sien hoofstuk 35.

7.3

Wyksuitvoerende Sekretaris en Assistent-wyksuitvoerende Sekretarisse

Die bisdom beveel ʼn Melgisédekse Priesterskapshouer aan om as wyksuitvoerende sekretaris te dien.

Hy het die volgende verantwoordelikhede:

  • Vergader met die bisdom en berei agendas voor soos aangewys.

  • Dien as ʼn lid van die wyksraad en woon wyksraadsvergaderings by.

  • Skeduleer afsprake vir die bisdom.

7.4

Wyksklerk en Assistent-wyksklerke

Die verantwoordelikhede van die wyksklerk en assistent-wyksklerke word uiteengesit in 33.4.2.

Druk