Handleidings en Roepings
13. Sondagskool


“13. Sondagskool,” Seleksies uit die Algemene Handleiding (2023).

“13. Sondagskool,” Seleksies uit die Algemene Handleiding

familie wat die skrifture bestudeer

13.

Sondagskool

13.1

Doel

Sondagskoolleiers, onderwysers en klasse:

  • Versterk geloof in Hemelse Vader en Jesus Christus deur “die leerstellings van die koninkryk” te onderrig (Leer en Verbonde 88:77).

  • Ondersteun tuisgesentreerde en Kerk-ondersteunde evangelieleer en -onderrig.

  • Help lede om volgens die Saligmaker se manier te onderrig.

13.2

Wyksondagskoolleierskap

13.2.1

Bisdom

Die bisdom hou toesig oor die Sondagskool. Die biskop wys gewoonlik een van sy raadgewers aan om hierdie verantwoordelikheid onder sy leiding na te kom.

13.2.2

Sondagskoolpresident

13.2.2.1

Roep van ʼn Sondagskoolpresident

Die biskop roep ʼn Melgisédekse Priesterskapshouer om die wyksondagskoolpresident te wees en sonder hom af. Indien raadgewers nodig is, en daar is genoeg mans om in daardie posisies te dien, kan die Sondagskoolpresident een of twee raadgewers aanbeveel.

13.2.2.2

Verantwoordelikhede

  • Dien in die wyksraad.

  • Hou toesig oor pogings om evangeliese leer en onderrig tuis en by die kerk te verbeter.

  • Beveel aan die bisdom volwasse lede aan om as Sondagskoolonderwysers te dien.

  • Ondersteun, bemoedig en onderrig Sondagskoolonderwysers.

  • Lei onderwysersraadsvergaderings soos gelei deur die biskop (sien Teaching in the Savior’s Way [Onderrig Volgens die Saligmaker se Manier],3).

13.2.3

Sondagskoolonderwysers

Om voor te berei om te onderrig, gebruik Sondagskoolonderwysers die skrifture, Come, Follow Me—For Individuals and Families [Kom Volg My—Vir Individue en Families], en Come, Follow Me—For Sunday School [Kom Volg My—Vir Sondagskool].

13.3

Sondagskoolklasse

Sondagskoolklasse word op die eerste en derde Sondae van die maand gehou.

Met die bisdom se goedkeuring organiseer die Sondagskoolpresident klasse vir volwassenes en die jeug.

Ten minste twee verantwoordelike volwassenes moet in elke jeugklas teenwoordig wees.

Alle volwassenes wat met kinders of jeug werk moet die kinder- en jeugbeskermingsopleiding binne een maand nadat hulle onderskraag is, voltooi (ProtectingChildren.ChurchofJesusChrist.org).

13.4

Verbetering van Leer en Onderrig in die Wyk

Wyksleiers is verantwoordelik vir die verbetering van leer en onderrig in hul organisasies. Hulle kan die wyksondagskoolpresident om hulp vra indien nodig.

13.5

Verbetering van Leer en Onderrig in die Huis

Ouers is verantwoordelik om die evangelie aan hulle kinders te leer. Hulle kan die Sondagskoolpresident vra om hulle te help om as onderwysers te verbeter.