Handleidings en Roepings
14. Enkellede


“14. Enkellede,” Seleksies uit die Algemene Handleiding (2023).

“14. Enkellede,” Seleksies uit die Algemene Handleiding

Beeld
mense wat gesels

14.

Enkellede

14.0

Inleiding

Mans en vroue wat nog nie getroud is nie of wat geskei of wie se eggenoot oorlede is, maak ʼn beduidende deel van Kerklidmaatskap uit. Dit is belangrik vir almal om hoop te vind deur die Versoening van Jesus Christus (sien Ether 12:4). Die volgende ewige waarhede kan help om sulke hoop te ontwikkel:

  • Die skrifture en profete van die laaste dae bevestig dat elkeen wat getrou is in die onderhouding van evangelieverbonde, die geleentheid tot verheffing sal hê.

  • Die presiese tyd en wyse waarop die seëninge van verheerliking geskenk word, is nie alles geopenbaar nie. Maar hulle is nietemin verseker (sien Mosia 2:41).

  • Om op die Here te wag, impliseer voortgesette gehoorsaamheid en geestelike vordering na Hom (sien Jesaja 64:4).

  • God bied die ewige lewe aan al sy kinders. Almal wat kwalifiseer vir die Saligmaker se genadegawe van vergifnis en sy gebooie uitleef, sal die ewige lewe ontvang. (Sien Mosia 26:30; Moroni 6:8.)

  • Vertroue in hierdie versekering is gewortel in geloof in Jesus Christus. Deur sy genade word alle dinge met betrekking tot die sterflikheid reggestel (sien Alma 7:11–13).

Die Here het alle lede nodig om te help met die werk van heil in hulle wyke en penne (sien 1 Korinthiërs 12:12–27). Soos deur die Gees gelei, word enkellede geroep tot leierskaps- en onderrigposisies.

In hierdie hoofstuk:

  • “Enkellede” verwys na alle volwasse lede van die Kerk wat nie tans getroud is nie.

  • “Jong enkelvolwassenes” verwys na diegene tussen die ouderdomme van 18–30.

  • “Enkelvolwassenes” verwys na diegene bó die ouderdom van 31.

14.1

Enkellede in Geografiese Eenhede

14.1.1

Penleierskap

14.1.1.2

Pen Jong Enkelvolwassene- en Enkelvolwassenekomitees

Die penpresidensie vorm ʼn jong enkelvolwassenekomitee.

Die penpresidensie kan ook ʼn enkelvolwassenekomitee vorm.

Komitees poog om lede te ondersteun deur vriendskap en geleenthede om aan die werk van heil en verheffing deel te neem (sien 14.2).

14.1.2

Wyksleierskap

14.1.2.1

Bisdom

Die bisdom is die sleutel om enkellede by die werk van heil en verheffing te betrek. Hulle werk saam met die wyksraad om betekenisvolle roepings en toewysings vir enkellede te identifiseer. Hulle identifiseer en streef daarna om te help om in die behoeftes van enkelouers te voorsien.

  • ʼn Lid van die bisdom vergader minstens een keer per jaar met elke jong enkelvolwassene.

  • Die bisdom kan ʼn wyk jong enkelvolwassenekomitee organiseer.

14.1.2.2

Ouderlingskworum- en Verligtingsverenigingspresidensielede Toegewys aan Jong Enkelvolwassenes

Die ouderlingskworum- en Verligtingsverenigingspresidente kan elkeen ʼn lid van hulle presidensies toewys om jong enkelvolwassenes te ondersteun. Hierdie lede van die presidensies leer van die sterk punte van jong enkelvolwassenes en help om in hul behoeftes te voorsien.

Die ouderlingskworumpresident en Verligtingsverenigingspresident kan in die wyksraadsvergadering oor hierdie pogings verslag doen.

14.1.2.3

Jong Enkelvolwassene-leiers

In ʼn wyk met baie jong enkelvolwassenes, kan die bisdom ʼn jong enkelvolwasse man en vrou roep as jong enkelvolwassene-leiers. Hulle verantwoordelikhede sluit in:

  • Help jong enkelvolwassenes om deel te neem aan die werk van heil en verheffing (sien 14.2).

  • Dien in die pen jong enkelvolwassenekomitee.

  • Lei die wyk jong enkelvolwassenekomitee as een gevorm is.

  • Vergader gereeld met die ouderlingskworumpresidensie en Verligtingsverenigingspresidensie. In hierdie vergaderings bespreek hulle die sterk punte van die jong enkelvolwassenes en hoe om te help om in hul behoeftes te voorsien. Hulle fokus ook daarop om jong enkelvolwassenes te dien.

14.2

Deelname aan die Werk van Heil en Verheffing

14.2.1

Uitlewing van die Evangelie van Jesus Christus

14.2.1.1

Gesinstuisaand en Evangeliese Studie

Leiers of lede wat graag wil deelneem, kan een of meer tuisaandgroepe vir enkelvolwassenes en ander groepe vir jong enkelvolwassenes organiseer.

14.2.1.3

Aktiwiteite

Onder leiding van wyks- of penleiers kan jong enkelvolwassenes aktiwiteite spesifiek vir hulle beplan en daaraan deelneem. Voorbeelde kan insluit:

  • Tempelbesoeke.

  • Familiegeskiedeniswerk.

  • Deel van die evangelie.

  • Gemeenskapsdiens.

  • Musiek en kulturele geleenthede.

  • Sport.

Enkelvolwassenes kan soortgelyke aktiwiteite op penvlak organiseer onder leiding van penleiers.

Druk