Hoofstuk 1Ammaron gee Mormon opdrag aangaande die heilige kronieke—Oorlog begin tussen die Nefiete en die Lamaniete—Die Drie Nefiete word weggeneem—Boosheid, ongeloof, towery en heksery heers. Ongeveer 321–326 n.C. Hoofstuk 2Mormon lei die Nefitiese leërs—Bloed en slagting oorspoel die land—Die Nefiete weeklaag en rouklaag met die droefheid van die verdoemdes—Hulle dag van genade is verby—Mormon bekom die plate van Nefi—Oorloë duur voort. Ongeveer 327–350 n.C. Hoofstuk 3Mormon roep die Nefiete tot bekering—Hulle behaal ’n groot oorwinning en roem in hulle eie krag—Mormon weier om hulle te lei en sy gebede vir hulle is sonder geloof—Die Boek van Mormon nooi die twaalf stamme van Israel om die evangelie te glo. Ongeveer 360–362 n.C. Hoofstuk 4Oorlog en slagting duur voort—Die bose straf die bose—Groter boosheid heers as ooit tevore in die hele Israel—Vroue en kinders word geoffer aan afgode—Die Lamaniete begin om die Nefiete weg te vee voor hulle. Ongeveer 363–375 n.C. Hoofstuk 5Mormon lei weer die Nefitiese leërs in veldslae van bloed en slagting—Die Boek van Mormon sal te voorskyn kom om die hele Israel te oortuig dat Jesus die Christus is—Vanweë hulle ongeloof sal die Lamaniete verstrooi word, en die Gees sal ophou om met hulle te werk—Hulle sal die evangelie ontvang van die nie-Jode in die laaste dae. Ongeveer 375–384 n.C. Hoofstuk 6Die Nefiete kom bymekaar by die land Cumora vir die finale veldslae—Mormon bêre die heilige kronieke weg in die Cumora-heuwel—Die Lamaniete seëvier en die Nefitiese volk word vernietig—Honderde duisende word deur die swaard gedood. Ongeveer 385 n.C. Hoofstuk 7Mormon nooi die Lamaniete van die laaste dae om in Christus te glo, sy evangelie te aanvaar en gered te word—Almal wat die Bybel glo sal ook die Boek van Mormon glo. Ongeveer 385 n.C. Hoofstuk 8Die Lamaniete jag en vernietig die Nefiete—Die Boek van Mormon sal te voorskyn kom deur die krag van God—Wee word uitgespreek oor diegene wat toorn en onenigheid uitblaas teen die werk van die Here—Die Nefitiese kroniek sal te voorskyn kom in ’n tyd van boosheid, ontaarding en afvalligheid. Ongeveer 400–421 n.C. Hoofstuk 9Moroni doen ’n beroep op diegene wat nie in Christus glo nie om te bekeer—Hy verkondig ’n God van wonderwerke, wat openbaringe gee en gawes en tekens uitstort op die gelowiges—Wonderwerke hou op as gevolg van ongeloof—Tekens volg diegene wat glo—Die mens word vermaan om wys te wees en die gebooie te onderhou. Ongeveer 401–421 n.C.