Hoofstuk 1Pahoran die tweede word hoofregter en word vermoor deur Kiskumen—Pacumeni beklee die regterstoel—Coriantumr lei die Lamanitiese leërs, verower Zarahemla, en dood Pacumeni—Moroniha verslaan die Lamaniete en herower Zarahemla, en Coriantumr word gedood. Ongeveer 52–50 v.C. Hoofstuk 2Helaman, die seun van Helaman, word hoofregter—Gadianton lei die bende van Kiskumen—Helaman se dienskneg dood Kiskumen en die Gadianton-bende vlug die wildernis binne. Ongeveer 50–49 v.C. Hoofstuk 3Baie Nefiete verhuis na die land noordwaarts—Hulle bou huise van sement en hou baie kronieke by—Tienduisende word bekeer en gedoop—Die woord van God lei mense na heil—Nefi, die seun van Helaman, beklee die regterstoel. Ongeveer 49–39 v.C. Hoofstuk 4Nefitiese afvalliges en die Lamaniete span hul magte saam en verower die land Zarahemla—Die Nefitiese nederlae kom as gevolg van hul boosheid—Die Kerk kwyn, en die volk word swak soos die Lamaniete. Ongeveer 38–30 v.C. Hoofstuk 5Nefi en Lehi wy hulleself aan prediking—Hul name lei hulle om hul lewens te rig volgens dié van hul voorouers—Christus verlos diegene wat bekeer—Nefi en Lehi maak baie bekeerlinge en word in die gevangenis gewerp en vuur omring hulle—’n Wolk van duisternis oorskadu driehonderd mense—Die aarde skud, en ’n stem beveel die mense om te bekeer—Nefi en Lehi spreek met engele en die menigte word omring deur vuur. Ongeveer 30 v.C. Hoofstuk 6Die regverdige Lamaniete preek vir die goddelose Nefiete—Beide volke is voorspoedig gedurende ’n tydperk van vrede en oorvloed—Lucifer, die oorsprong van sonde, spoor die harte van die bose en die Gadianton-rowers aan tot moord en boosheid—Die rowers neem die Nefitiese regering oor. Ongeveer 29–23 v.C. Hoofstuk 7Nefi word verwerp in die noorde en keer terug na Zarahemla—Hy bid op sy tuintoring en doen dan ’n beroep op die volk om te bekeer of te vergaan. Ongeveer 23–21 v.C. Hoofstuk 8Korrupte regters poog om die mense op te steek teen Nefi—Abraham, Moses, Zenos, Zenok, Esias, Jesaja, Jeremia, Lehi en Nefi het almal getuig van Christus—Deur inspirasie maak Nefi die moord van die hoofregter bekend. Ongeveer 23–21 v.C. Hoofstuk 9Boodskappers vind die hoofregter dood by die regterstoel—Hulle word gevange geneem en later vrygelaat—Deur inspirasie identifiseer Nefi Seantum as die moordenaar—Nefi word aanvaar deur sommiges as ’n profeet. Ongeveer 23–21 v.C. Hoofstuk 10Die Here gee Nefi die verseëlingsmag—Hy word gemagtig om te bind en te ontbind op aarde en in die hemel—Hy beveel die mense om te bekeer of te vergaan—Die Gees voer hom van skare tot skare. Ongeveer 21–20 v.C. Hoofstuk 11Nefi oorreed die Here om hulle oorlog te vervang met ’n hongersnood—Baie mense vergaan—Hulle bekeer, en Nefi pleit by die Here vir reën—Nefi en Lehi ontvang baie openbaringe—Die Gadianton-rowers vestig hulleself in die land. Ongeveer 20–6 v.C. Hoofstuk 12Mense is onbestendig en dwaas en gou om boosheid te doen—Die Here kasty sy volk—Die nietigheid van mense word vergelyk met die mag van God—Op die oordeelsdag sal mense die ewigdurende lewe verwerf of die ewigdurende verdoemenis. Ongeveer 6 v.C. Hoofstuk 13Samuel die Lamaniet profeteer die vernietiging van die Nefiete tensy hulle bekeer—Hulle en hul rykdomme is vervloek—Hulle verwerp en stenig die profete, word omring deur bose geeste, en soek na geluk deur ongeregtigheid te doen. Ongeveer 6 v.C. Hoofstuk 14Samuel voorspel lig gedurende die nag en ’n nuwe ster ten tyde van Christus se geboorte—Christus verlos die mens van tydelike en geestelike dood—Die tekens van sy dood sluit drie dae van duisternis in, die skeur van rotse, en groot rampe in die natuur. Ongeveer 6 v.C. Hoofstuk 15Die Here het die Nefiete gekasty omdat Hy hulle liefgehad het—Bekeerde Lamaniete is ferm en standvastig in die geloof—Die Here sal barmhartig wees teenoor die Lamaniete in die laaste dae. Ongeveer 6 v.C. Hoofstuk 16Die Nefiete wat Samuel glo word deur Nefi gedoop—Samuel kan nie gedood word deur die pyle en klippe van die onbekeerde Nefiete nie—Sommige verhard hulle harte en ander sien engele—Die ongelowiges sê dit is nie redelik om te glo in Christus en sy koms in Jerusalem nie. Ongeveer 6–1 v.C.