Hoofstuk 16
Die Nefiete wat Samuel glo word deur Nefi gedoop—Samuel kan nie gedood word deur die pyle en klippe van die onbekeerde Nefiete nie—Sommige verhard hulle harte en ander sien engele—Die ongelowiges sê dit is nie redelik om te glo in Christus en sy koms in Jerusalem nie. Ongeveer 6–1 v.C.
1 En nou, dit het gebeur dat daar baie was wat die woorde gehoor het van Samuel, die Lamaniet, wat hy gespreek het op die mure van die stad. En soveel as wat in sy woorde geglo het, het uitgegaan en na Nefi gesoek; en toe hulle uitgekom het en hom gevind het, het hulle hul sondes aan hom bely en nie ontken nie, en begeer om gedoop te word tot die Here.
2 Maar soveel as wat daar was wat nie geglo het in die woorde van Samuel nie, was vertoornd op hom; en hulle het klippe na hom op die muur gegooi, en ook baie het pyle na hom geskiet terwyl hy op die muur gestaan het; maar die Gees van die Here was met hom, in soverre dat hulle hom nie met hulle klippe kon tref nie, nóg met hulle pyle.
3 Nou, toe hulle sien dat hulle hom nie kon tref nie, was daar baie meer wat in sy woorde geglo het, in soverre dat hulle weggegaan het na Nefi om gedoop te word.
4 Want kyk, Nefi het gedoop, en geprofeteer, en gepreek, en die volk tot bekering geroep, en tekens en wonders getoon, en wonderwerke verrig onder die volk, dat hulle mag weet dat die Christus binnekort moes kom—
5 En hy het hulle vertel van dinge wat binnekort moes kom, dat hulle mag weet en onthou ten tyde van hulle koms dat dit vooraf aan hulle bekend gemaak is met die bedoeling dat hulle mag glo; daarom het soveel as wat in die woorde van Samuel geglo het, uitgegaan na hom om gedoop te word, want hulle het gekom met bekering en belydenis van hulle sondes.
6 Maar die grootste deel van hulle het nie geglo in die woorde van Samuel nie; daarom, toe hulle sien dat hulle hom nie kon tref met hulle klippe en hulle pyle nie, het hulle tot hulle kapteins geroep, en gesê: Neem hierdie man en bind hom, want kyk, hy het ’n duiwel; en vanweë die krag van die duiwel wat in hom is, kan ons hom nie tref met ons klippe en ons pyle nie; daarom, neem hom en bind hom, en weg met hom.
7 En toe hulle uitgaan om hulle hande op hom te lê, kyk, het hy homself van die muur afgewerp, en uit hulle lande gevlug, ja, en wel na sy eie land, en het begin om onder sy eie mense te preek en te profeteer.
8 En kyk, hy is nooit meer van gehoor onder die Nefiete nie; en so was die sake van die volk.
9 En so het die ses en tagtigste jaar geëindig van die heerskappy van die regters oor die volk van Nefi.
10 En so het ook die sewe en tagtigste jaar geëindig van die heerskappy van die regters, terwyl die grootste gedeelte van die volk in hulle hoogmoed en boosheid gebly het, en die kleinste gedeelte meer versigtig gewandel het voor God.
11 En dit was ook die toestande in die agt en tagtigste jaar van die heerskappy van die regters.
12 En daar was maar min verandering in die sake van die volk, behalwe dat dit was dat die volk begin het om meer verhard te word in ongeregtigheid, en meer en meer dít gedoen het wat teenstrydig was met die gebooie van God, in die nege en tagtigste jaar van die heerskappy van die regters.
13 Maar dit het gebeur in die negentigste jaar van die heerskappy van die regters, is daar groot tekens aan die volk gegee, en wonders; en die woorde van die profete het begin om vervul te word.
14 En engele het verskyn aan mense, wyse manne, en het aan hulle blye tydings van groot vreugde verkondig; dus in dié jaar het die skrifture begin om vervul te word.
15 Nogtans, die volk het hulle harte begin verhard, almal, behalwe vir die grootste gelowige gedeelte onder hulle, beide onder die Nefiete en ook onder die Lamaniete, en het begin om op hulle eie krag en op hul eie wysheid te steun, en het gesê:
16 Sommige dinge mag hulle reg geraai het, onder so baie; maar kyk, ons weet dat al hierdie groot en wonderbaarlike werke nie kan geskied, waarvan gespreek is nie.
17 En hulle het begin om te redeneer en te stry onder mekaar, en het gesê:
18 Dat dit nie redelik is dat so ’n wese soos ’n Christus sal kom nie; indien wel, en as Hy die Seun van God is, die Vader van hemel en aarde, soos dit gespreek is, waarom sal Hy Homself nie aan ons sowel as aan hulle wat by Jerusalem sal wees toon nie?
19 Ja, waarom sal Hy Homself nie toon in hierdie land sowel as in die land Jerusalem nie?
20 Maar kyk, ons weet dat dit ’n goddelose oorlewering is, wat oorgelewer is aan ons deur ons vaders, om ons te laat glo in een of ander groot en wonderbaarlike ding wat sou gebeur, maar nie onder ons nie, maar in ’n land wat verafgeleë is, ’n land wat ons nie ken nie; daarom kan hulle ons in onkunde hou, want ons kan nie met ons eie oë getuig dat hulle waar is nie.
21 En hulle sal, deur die sluwe en verborge kunste van die bose een, een of ander groot verborgenheid bewerkstellig wat ons nie kan verstaan nie, wat ons onder sal hou, om diensknegte van hulle woorde te wees, en ook diensknegte aan hulle, want ons is afhanklik van hulle om ons die woord te leer; en so sal hulle ons in onkunde hou as ons onsself aan hulle sal onderwerp, al die dae van ons lewe.
22 En baie meer dinge het die volk hulle verbeel in hulle harte, wat dwaas en ydel was; en hulle was baie verontrus, want Satan het hulle aangespoor om gedurigdeur ongeregtigheid te doen; ja, hy het rondgegaan en gerugte en twiste oor die hele aangesig van die land versprei sodat hy die harte mag verhard van die volk teen dit wat goed was en teen dit wat sou kom.
23 En nieteenstaande die tekens en wonders wat onder die volk van die Here verrig is, en die baie wonderwerke wat hulle gedoen het, het Satan groot houvas verkry op die harte van die mense op die hele aangesig van die land.
24 En so het die negentigste jaar van die heerskappy van die regters oor die volk van Nefi geëindig.
25 En so het die boek van Helaman geëindig, volgens die kroniek van Helaman en sy seuns.