Handleidings en Roepings
4. Leierskap en Rade in die Kerk van Jesus Christus


“4. Leierskap en Rade in die Kerk van Jesus Christus,” Seleksies uit die Algemene Handleiding (2023).

“4. Leierskap en Rade in die Kerk van Jesus Christus,” Seleksies uit die Algemene Handleiding

Beeld
wyksraadsvergadering

4.

Leierskap en Rade in die Kerk van Jesus Christus

4.0

Inleiding

As ʼn leier in die Kerk, is jy geroep deur inspirasie deur die Here se gevolmagtigde diensknegte. Jy het die voorreg om te help in Hemelse Vader se werk om “die onsterflikheid en die ewige lewe van die mens teweeg te bring” (Moses 1:39).

4.2

Beginsels van Leierskap in die Kerk

Die Saligmaker het die voorbeeld van leierskap vir sy Kerk tydens sy aardse bediening gestel. Sy sentrale doel was om die wil van sy Hemelse Vader te doen en ander te help om sy evangelie te verstaan en uit te leef (sien Johannes 5:30; Mosia 15:7).

Soek die Here se leiding om jou te help om die pligte van jou roeping te leer en te vervul.

4.2.1

Berei Geestelik Voor

Jesus het Homself geestelik voorberei vir sy aardse sending (sien Lukas 4:1–2). Jy berei soortgelyk geestelik voor deur nader aan Hemelse Vader te kom deur gebed, skriftuurstudie en gehoorsaamheid aan sy gebooie.

Soek openbaring om te verstaan wat die behoeftes is van diegene wat jy lei en hoe om die werk te vervul wat God jou geroep het om te doen.

Die Here het ook belowe om geestelike gawes te skenk aan diegene wat dit soek (sien Leer en Verbonde 46:8).

4.2.2

Dien Al God se Kinders

Jy moet die mense wat jy dien, liefhê soos Jesus gedoen het. Bid “met al die energie van jou hart” om met sy liefde gevul te word (Moroni 7:48).

Help individue om hulle bekering te verdiep en hul geloof in Hemelse Vader en Jesus Christus te versterk. Help hulle om voor te berei om verbonde te sluit wanneer hulle hul volgende ordinansie ontvang. Moedig hulle aan om die verbonde te onderhou wat hulle gemaak het en deel te hê aan die seëninge van bekering.

4.2.3

Onderrig die Evangelie van Jesus Christus

Alle leiers is onderwysers. Streef daarna om die Saligmaker se voorbeeld as ʼn onderwyser te volg (sien hoofstuk 17; Teaching in the Savior’s Way). Onderrig die leer van Jesus Christus en die beginsels van sy evangelie deur jou woorde en dade (sien 3 Nefi 11:32–33; Leer en Verbonde 42:12–14).

Onderrig uit die skrifture en die woorde van profete van die laaste dae (sien Leer en Verbonde 52:9).

As jy geroep of toegewys is om te presideer in ʼn Kerkvergadering of aktiwiteit, maak seker dat die onderrig opbouend en leerstellig korrek is (sien Leer en Verbonde 50:21–23).

4.2.4

Presideer in Regverdigheid

Elke presiderende amptenaar dien onder die leiding van ʼn persoon wat priesterskapsleutels hou (sien 3.4.1). Hierdie struktuur verskaf orde en duidelike lyne van verantwoordelikheid en verantwoordbaarheid om die Here se werk te doen.

ʼn Presiderende beampte kan ʼn tydelike delegasie aan ʼn ander persoon gee om te presideer.

ʼn Leier wat in ʼn Kerkorganisasie, vergadering of aktiwiteit presideer, verseker dat die Here se doelwitte bereik word. Deur dit te doen, volg die leier evangeliebeginsels, Kerkbeleide en die leiding van die Heilige Gees.

ʼn Roeping of toegewysde taak om te presideer, maak nie die persoon wat dit ontvang belangriker of meer gewaardeerd as ander nie (sien Leer en Verbonde 84:109–10).

Dit is nie gepas om te strewe om te presideer in enige organisasie in die Here se Kerk nie (sien Leer en Verbonde 121:34–37).

4.2.5

Delegeer Verantwoordelikheid en Verseker Verantwoordbaarheid

Die Saligmaker het sy dissipels betekenisvolle toewysings en verantwoordelikhede gegee (sien Lukas 10:1). Hy het hulle ook die geleentheid gegee om rekenskap te gee van die werk wat hulle gegee is om te doen (sien Lukas 9:10).

As ʼn leier kan jy ander help om te groei deur toewysings aan hulle te delegeer. Strewe om alle lede in God se werk te betrek.

Delegering sal ook jou diens meer doeltreffend maak. Soek die leiding van die Gees oor wat om te delegeer sodat jy op jou hoogste prioriteite kan fokus.

4.2.6

Berei Ander Voor om Leiers en Onderwysers te Wees

Wees biddend wanneer jy oorweeg wie in Kerkroepings of toewysings kan dien. Onthou dat die Here diegene sal kwalifiseer wat Hy roep. Die belangrikste is dat hulle gewillig moet wees om te dien, nederig die Here se hulp sal soek en strewe om waardig te wees.

4.2.7

Beplan Vergaderings, Lesse en Aktiwiteite met Duidelike Doelstellings

Soek die Gees se leiding in die beplanning van vergaderings, lesse en aktiwiteite wat duidelike doelwitte het. Hierdie doelstellings moet individue en families versterk, hulle nader aan Christus bring en help om God se werk van heil en verheffing te bewerkstellig (sien hoofstukke 1 en 2).

4.2.8

Evalueer Jou Pogings

Hersien gereeld jou verantwoordelikhede en geestelike groei as ʼn leier. Oorweeg ook die groei van diegene wat jy lei.

Jou sukses as ʼn leier word hoofsaaklik gemeet aan jou toewyding om God se kinders te help om getroue dissipels van Jesus Christus te word. Jy kan weet dat die Here gelukkig is met jou pogings wanneer jy die Gees deur jou voel werk.

4.3

Rade in die Kerk

Die Here het die leiers van sy Kerk beveel om saam te beraadslaag om sy werk te doen (sien Leer en Verbonde 41:2–3). Rade bied geleenthede vir raadslede om openbaring te ontvang terwyl hulle die behoeftes van God se kinders probeer verstaan en beplan hoe om hulle te help om daaraan te voldoen.

4.4

Beginsels van Doeltreffende Rade

4.4.1

Doel van Rade

Rade plaas spesiale klem om lede te help om ordinansies te ontvang en die gepaardgaande verbonde te onderhou.

4.4.2

Voorbereiding vir Raadsvergaderings

Daar word van presidensies en rade verwag om gereeld te vergader. Hierdie leiers soek die Here se leiding in die beplanning van raadsvergaderings. Hulle soek ook insette van raadslede om te besluit oor wat om te bespreek.

Leiers laat raadslede vooraf weet van die sake vir bespreking. Raadslede berei voor om insigte oor hierdie sake te deel.

4.4.3

Bespreking en Besluite

Tydens ʼn raadsvergadering verduidelik die leier (of iemand wat die leier toewys) die saak wat oorweeg word. Die leier moedig dan bespreking onder alle raadslede aan, vra vrae en soek idees.

Lede deel voorstelle en luister met respek na mekaar. Wanneer hulle soek om die Here se wil te ken, kan ʼn gees van inspirasie en eenheid seëvier.

In ʼn raad wat vroue en mans insluit, soek die leier insigte en idees van albei. Vroue en mans het dikwels verskillende perspektiewe wat die nodige balans bied.

ʼn Leier lei die raad se besprekings. Hy of sy moet egter meer luister as praat.

Na die bespreking kan die leier óf besluit oor ʼn aksie óf ʼn besluit uitstel terwyl hy bykomende inligting en leiding soek.

4.4.4

Eenheid

Raadslede probeer om een in begeerte en doel met Hemelse Vader en Jesus Christus te word. Hulle streef na eenheid in hulle besprekings en besluite.

4.4.5

Aksie en Aanspreeklikheid

Raadslede doen die meeste van hul werk voor en ná raadsvergaderings. Tydens vergaderings soek hulle inspirasie in die ontwikkeling van planne om besluite te implementeer. Die raadsleier nooi lede uit om opdragte met betrekking tot hierdie planne na te kom.

Raadslede doen verslag oor hulle opdragte. Vordering vereis gewoonlik volgehoue aandag en opvolgopdragte.

4.4.6

Vertroulikheid

Leiers gebruik diskresie wanneer persoonlike inligting met ʼn raad gedeel word. Hulle verkry gewoonlik ʼn lid se toestemming om hierdie inligting te deel.

Raadslede moet nie persoonlike inligting buite die raad deel nie, tensy dit nodig is om ʼn opdrag van die raadsleier uit te voer.

Sommige sake is te sensitief om voor ʼn hele raad te bring.

Druk