Studiehulp
17. Eksodus na die Weste


17. Eksodus na die Weste

Beeld
foto 17

Die begin van die ontruiming van Nauvoo, Illinois, is beplan vir Maart–April, maar vanweë dreigemente deur ’n bende het President Brigham Young beveel dat die uittog van die Heiliges oor die Mississippi-rivier begin op 4 Februarie 1846. President Young het agtergebly om begiftigings te bedien aan die Heiliges en het nie Nauvoo verlaat voor die middel van Februarie nie.

Betekenisvolle Gebeure: Voor sy dood het die Profeet Joseph Smith geprofeteer: “Sommige van julle sal lewe en behulpsaam wees om nedersettings te vestig en stede te bou en om te sien dat die Heiliges ’n magtige volk word te midde van die Rocky-gebergte.” Byna 12,000 Heiliges het vertrek van Nauvoo vanaf Februarie tot September 1846. Nadat die Heiliges vertrek het na Winter Quarters en latere nedersettings, is hulle georganiseer in groepe van tien, vyftig en honderd, onder ’n groepkaptein (L&V 136:3). In September 1846 het ’n bende van ongeveer 800 manne, toegerus met ses kanonne, Nauvoo beleër. Na verskeie dae van gevegte is die oorblywende Heiliges gedwing om oor te gee om hulle lewens te red. Vyf- tot seshonderd mans, vroue en kinders het die rivier oorgesteek en op die rivieroewer kamp opgeslaan. President Brigham Young het reddingspanne met voorrade gestuur om hierdie “arme Heiliges” te ontruim.

Druk