Studiehulp
10. Adam-ondi-Ahman


10. Adam-ondi-Ahman

Beeld
foto 10

Suidwaartse uitsig oor die Adam-ondi-Ahman-vallei, ’n stil, pragtige vallei geleë in noordwes Missouri naby die Gallatin-gemeenskap.

Betekenisvolle Gebeure: Drie jaar voor hy dood is, het Adam sy regverdige nageslag na hierdie vallei laat kom en sy laaste seëning oor hulle uitgespreek (L&V 107:53–56). In 1838 was Adam-ondi-Ahman die ligging van ’n nedersetting van tussen 500 en 1,000 Heiliges van die Laaste Dae. Die Heiliges het hierdie nedersetting verlaat toe hulle van Missouri verban is. Voor Christus se Tweede Koms in heerlikheid, sal Adam en sy regverdige nageslag, wat Heiliges van alle tydvakke insluit, weer in hierdie vallei bymekaarkom om die Saligmaker te ontmoet (Dan. 7:9–10, 13–14; L&V 27; 107:53–57; 116).

Druk