Studiehulp
2. Cumora-heuwel en Palmyra-Manchester Area


2. Cumora-heuwel en Palmyra-Manchester Area

Beeld
foto 2

Hierdie foto toon die noordwaartse uitsig oor die Cumora-heuwel in Manchester, New York. Die heuwel verskyn onder in die regterkantste hoek van die foto en strek effens verder as halfpad na die toppunt. Die wit monument wat sigbaar is aan die noordekant van die heuwel vereer die engel Moroni en die voortkom van die Boek van Mormon. Die Cumora-heuwel is ongeveer 5 kilometer suid-oos van die Heilige Woud geleë. Naby die bopunt van die foto is die dorpie Palmyra, 6.5 kilometer weg. Die Smith-plaas en die Heilige Woud is aan die linker bo-kant van die foto geleë.

Betekenisvolle Gebeure: Die familie van die Profeet Joseph Smith het in hierdie area gewoon tydens die Eerste Visioen (JS—G 1:3). In 421 n.C. het Moroni ’n stel goue plate in die Cumora-heuwel versteek wat die heilige geskiedenis van sy volk bevat het (WvM 1:1–11; Morm. 6:6; Moro. 10:1–2). Dieselfde Moroni het vir Joseph Smith vertel waar om die plate op die heuwel te vind. Moroni het hulle aan hom oorhandig in 1827 (L&V 27:5; 128:20; JS—G 1:33–35, 51–54, 59).

Druk