Hoofstuk 22
In die millenniale dag sal alle mense die Here loof—Hy sal onder hulle woon—Vergelyk Jesaja 12. Ongeveer 559–545 v.C.
1 En in dié dag sal jy sê: O Here, ek sal U loof; alhoewel U toornig was op my, is u toorn afgewend, en U vertroos my.
2 Kyk, God is my heil; ek sal vertrou, en nie bevrees wees nie; want die Here Jehova is my krag en my lied; Hy het ook my heil geword.
3 Daarom, met vreugde sal julle water skep uit die fonteine van heil.
4 En in daardie dag sal julle sê: Loof die Here, roep sy Naam aan, verklaar sy dade onder die volke, vermeld dat sy Naam verhewe is.
5 Sing tot die Here; want Hy het uitstekende dinge gedoen; dit is bekend op die hele aarde.
6 Juig en jubel, julle inwoners van Sion; want groot is die Heilige Een van Israel in julle midde.