Lewende Water Sien ook Jesus Christus ’n Simbool van die Here Jesus Christus en sy leerstellings. Net soos water noodsaaklik is om fisiese lewe te onderhou, is die Verlosser en sy leerstellings (lewende water) noodsaaklik vir die ewige lewe. En julle sal water skep met vreugde uit die fonteine van heil, Jes. 12:3. Hulle het My, die fontein van lewende water, verlaat, Jer. 2:13. Elkeen wat drink van die water wat Ek hom sal gee, sal in ewigheid nooit dors kry nie, Joh. 4:6–15. As iemand dors het, laat hom na My toe kom en drink, Joh. 7:37. Die staaf van yster het gelei na die bron van lewende waters, 1 Ne. 11:25. Neem vryelik van die waters van die lewe, L&V 10:66. My gebooie sal ’n bron van lewende water wees, L&V 63:23.