In die skrifture is ’n vloek die toepassing van ’n goddellike wet wat oordele toelaat of bring en hulle gevolge oor ’n ding, persoon, of mense, hoofsaaklik vanweë onregverdigheid. Vervloekings is ’n openbaring van God se goddelike liefde en geregtigheid. Hulle mag direk deur God uitgespreek word of deur sy gemagtigde diensknegte. Somtyds is die volle redes vir vervloekings slegs aan God bekend. Daarbenewens word ’n vervloekte toestand ervaar deur diegene wat God opsetlik ongehoorsaam en hulleself daardeur onttrek van die Gees van die Here.
Die Here mag vervloekings ophef vanweë die individu of mense se geloof in Jesus Christus en gehoorsaamheid aan die wette en ordinansies van die evangelie (Alma 23:16–18; 3 Ne. 2:14–16; Gel. Art. 1:3).
Oneerbiedigheid
Om te vloek is ook om taal te gebruik wat onheilig, godslasterlik of veragtend is.