Ontug Sien ook Egbreuk; Kuisheid; Wellus, Wellustigheid Onwettige seksuele gemeenskap tussen twee persone wat nie getroud is met mekaar nie. In die skrifture word dit ook somtyds gebruik as ’n simbool van afvalligheid. Onthou julle van hoerery, Hand. 15:20. Die liggaam is nie vir hoerery nie, maar vir die Here, 1 Kor. 6:13–18. Om hoerery te vermy, moet elke man sy eie vrou hê, 1 Kor. 7:2–3. Dit is die wil van God, dat julle jul moet onthou van die hoerery, 1 Thes. 4:3. Jakob het die volk van Nefi gewaarsku teen ontug, Jakob 3:12. Julle word ryp, vanweë julle moorde en julle ontug en goddeloosheid, vir ewige vernietiging, Hel. 8:26. Ontugplegers moet bekeer ten einde by die Kerk aan te sluit, L&V 42:74–78.