Ewige Lewe Sien ook Kroon; Lewe; Selestiale Heerlikheid; Verheffing; Versoen, Versoening Om as gesinne vir ewig in God se teenwoordigheid te leef (L&V 132:19–20, 24, 55). Die ewige lewe is God se grootste geskenk aan die mens. U het die woorde van die ewige lewe, Joh. 6:68. Dit is die ewige lewe, dat hulle U mag ken, die enige waaragtige God, en Jesus Christus, Joh. 17:3 (L&V 132:24). Stry die goeie stryd van die geloof, gryp na die ewige lewe, 1 Tim. 6:12. Die mens is vry om vryheid te kies en die ewige lewe, 2 Ne. 2:27 (Hel. 14:31). Om geestelik gesind te wees is die ewige lewe, 2 Ne. 9:39. Dan is julle in die smal weg wat lei na die ewige lewe, 2 Ne. 31:17–20. Om in Christus te glo en te volhard tot die einde toe, is die ewige lewe, 2 Ne. 33:4 (3 Ne. 15:9). Hy wat die ewige lewe het, is ryk, L&V 6:7 (L&V 11:7). Die ewige lewe is die grootste van al die gawes van God, L&V 14:7 (Rom. 6:23). Die regverdiges sal vrede in hierdie wêreld ontvang, en die ewige lewe in die wêreld wat kom, L&V 59:23. Diegene wat volhard tot die einde toe sal ’n kroon van die ewige lewe hê, L&V 66:12 (L&V 75:5). Almal wat sterf sonder die evangelie wat dit sou aanvaar het as hulle gelewe het, is erfgename van die selestiale koninkryk, L&V 137:7–9. God se werk en heerlikheid is om die onsterflikheid en ewige lewe van die mens teweeg te bring, Moses 1:39. God gee die ewige lewe aan die gehoorsames, Moses 5:11.