Rebellie Sien ook Afval; Duiwel; Murmureer; Sonde Om die Here te tart of te weerstaan, insluitende om te weier om sy gekose leiers te volg en moedswillig ongehoorsaam te wees aan sy gebooie. Wees net nie opstandig teen die Here nie, Núm. 14:9. Die wederstrewige soek net onheil, Spr. 17:11. Wee die opstandige kinders, Jes. 30:1. Die Here verlos nie diesulkes wat teen Hom rebelleer en sterwe in hulle sondes nie, Mosia 15:26. Die Amlikiete het in openlike rebellie uitgekom teen God, Alma 3:18–19. Die rebelsgesindes sal deursteek word met veel droefheid, L&V 1:3. Die Here se toorn is ontstoke teen die rebelsgesindes, L&V 56:1 (L&V 63:1–6). Satan het teen God gerebelleer, Moses 4:3.