Volhard Sien ook Geduld; Teenstand; Versoek, Versoeking Om standvastig te wees in ’n verbintenis om getrou te wees aan die gebooie van God ten spyte van versoeking, teenstand en teenspoed. Wie volhard tot die einde toe, hy sal gered word, Matt. 10:22 (Mark. 13:13). Hulle het geen wortel in hulleself nie en volhard so net vir ’n rukkie, Mark. 4:17. Die liefde verdra alles, 1 Kor. 13:7. Nadat Abraham geduldig volhard het, het hy die belofte verkry, Hebr. 6:15. As hulle tot die einde toe volhard, sal hulle op die laaste dag verhef word, 1 Ne. 13:37. As julle gehoorsaam sal wees aan die gebooie, en volhard tot die einde toe, sal julle gered word, 1 Ne. 22:31 (Alma 5:13). As julle vorentoe sal beur en julle verlustig in die woord van Christus, en volhard tot die einde toe, sal julle die ewige lewe hê, 2 Ne. 31:20 (3 Ne. 15:9; L&V 14:7). Wie ook al op hom my Naam neem en volhard tot die einde toe, sal gered word, 3 Ne. 27:6. Wie ook al in my kerk volhard tot die einde toe, hom sal Ek vestig op my rots, L&V 10:69. Hy wat in geloof volhard, sal die wêreld oorwin, L&V 63:20, 47. Alle trone en heerskappye sal verleen word aan almal wat moedig volhard het vir die evangelie van Jesus Christus, L&V 121:29.