Ismael, Seun van Abraham Sien ook Abraham; Hagar In die Ou Testament, ’n seun van Abraham en Hagar, Sara se Egiptiese slavin (Gén. 16:11–16). Die Here het vir beide Abraham en Hagar belowe dat Ismael die vader sal word van ’n groot nasie (Gén. 21:8–21). Die verbond is eerder deur Isak vervul as deur Ismael, Gén. 17:19–21 (Gal. 4:22–5:1). God het vir Ismael geseën dat hy vrugbaar sou wees, Gén. 17:20. Ismael het gehelp om vir Abraham te begrawe, Gén. 25:8–9. Ismael se twaalf seuns het name gekry, Gén. 25:12–16. Ismael het gesterf, Gén. 25:17–18. Esau het Ismael se dogter, Máhalat, geneem as vrou, Gén. 28:9.