Studiehulp
Leer en Verbonde


Leer en Verbonde

’n Versameling goddelike openbarings van die laaste dae en geïnspireerde verklarings. Die Here het dié aan Joseph Smith gegee en verskeie van sy opvolgers vir die oprigting en beheer van die koninkryk van God op die aarde in die laaste dae. Die Leer en Verbonde is een van die standaardwerke van skrifture in die Kerk van Jesus Christus van die Heiliges van die Laaste Dae, tesame met die Bybel, die Boek van Mormon en die Pêrel van Groot Waarde. Die Leer en Verbonde is egter uniek omdat dit nie ’n vertaling is van voortydse dokumente nie; die Here het hierdie openbarings gegee aan sy gekose profete in hierdie moderne tyd ten einde sy koninkryk te herstel. In die openbarings hoor mens die teer maar ferm stem van die Here Jesus Christus (L&V 18:35–36).

Joseph Smith-Geskiedenis sê dat die Leer en Verbonde die fondament is van die Kerk in die laaste dae en ’n voordeel tot die wêreld (L&V 70 opskrif). Die openbarings daarin lui die werk in van voorbereiding van die weg vir die Here se Tweede Koms, ter vervulling van al die woorde wat gespreek is deur die profete sedert die wêreld begin het.

Druk