Oog, Oë In die skrifture word die oog dikwels gebruik as ’n simbool van ’n persoon se vermoë om die lig van God te ontvang. Simbolies toon ’n persoon se oog ook geestelike toestand en ’n begrip van die dinge van God. Die gebod van die Here is suiwer, verlig die oog, Ps. 19:9. Die dwase het oë en sien nie, Jer. 5:21 (Mark. 8:18). Die lamp van die liggaam is die oog, Matt. 6:22 (Lk. 11:34; 3 Ne. 13:22; L&V 88:67). Gelukkig is julle oë want hulle sien, Matt. 13:16. Die oë van julle verstand sal verlig word, Efés. 1:17–18. Wee die wyse in hul eie oë, 2 Ne. 15:21 (Jes. 5:21). Hulle het begin om te vas en te bid sodat die oë van die volk geopen mag word, Mosia 27:22. Satan het hul oë verblind, 3 Ne. 2:2. Niemand kan mag hê om die Boek van Mormon aan die lig te bring nie, behalwe met ’n oog wat uitsluitlik gerig is op God se heerlikheid, Morm. 8:15. Deur die krag van die Gees is ons oë geopen en ons begrip verlig, L&V 76:12. Die lig is deur Hom wat julle oë verlig, L&V 88:11. As julle oë enkel op my heerlikheid gerig is, sal julle hele liggame gevul wees met lig, L&V 88:67.