Twis Sien ook Rebellie Stry, redeneer, redekawel. Twis, veral onder lede van die Here se kerk of onder gesinslede, is nie welgevallig vir die Here nie. Laat daar geen twis wees tussen my en jou nie, Gén. 13:8. Vermetelheid gee net twis af, Spr. 13:10. As die een ’n klag het teen die ander, vergewe soos Christus vergewe het, Kol. 3:13. Vermy dwase strydvrae en twis, Tit. 3:9. Die Here beveel mense dat hulle nie met mekaar moet stry nie, 2 Ne. 26:32. Julle sal nie toelaat dat julle kinders met mekaar baklei en twis nie, Mosia 4:14. Alma het beveel dat daar geen twis onder Kerklede moet wees nie, Mosia 18:21. Satan het gerugte en twiste versprei, Hel. 16:22. Die duiwel is die vader van twis en spoor mense aan om met mekaar te twis, 3 Ne. 11:29 (Mosia 23:15). Vestig my evangelie, sodat daar nie soveel twis mag wees nie, L&V 10:62–64. Hou op om met mekaar te twis, L&V 136:23.