Tale, Gawe van Sien ook Gawes van die Gees; Tong ’n Gawe van die Heilige Gees wat geïnspireerde individue toelaat om in ’n onbekende taal te spreek, te verstaan en te vertolk. Ons glo aan die gawe van tale (Gel. Art. 1:7). Hulle is almal vervul met die Heilige Gees en het begin spreek in ander tale, Hand. 2:4. Hy wat in ’n taal spreek, spreek nie tot mense nie, maar tot God, 1 Kor. 14:1–5, 27–28. Die tale is dus ’n teken vir die ongelowiges, 1 Kor. 14:22–28. Dan kom die doop van vuur en van die Heilige Gees; en dan kan julle spreek met die tong van engele, 2 Ne. 31:13–14. Amaleki het alle mense vermaan om te glo in die gawe van spreek met tonge, Omni 1:25. Dit word aan sommige gegee om in tale te spreek; en aan ’n ander die uitleg van tale, L&V 46:24–25 (1 Kor. 12:10; Moro. 10:8, 15–16). Laat die gawe van tale uitgestort word, L&V 109:36.