Voorhangsel ’n Verdeler wat areas van die tabernakel of tempel skei. Die voorhangsel moet vir julle ’n skeiding maak tussen die heilige en die allerheiligste, Ex. 26:33. Die voorhangsel van die tempel het in twee geskeur ten tye van sy kruisiging, Matt. 27:51 (Mark. 15:38; Lk. 23:45). Die voorhangsel vir die bedekking van my tempel sal weggeneem word, L&V 101:23.