Juk Sien ook Dissipel ’n Toestel wat om die nekke van diere of mense gesit is om hulle saam te span. Die juk van Christus is ’n simbool van dissipelskap, terwyl die juk van slawerny ’n simbool is van verdrukking. My juk is sag en my las is lig, Matt. 11:29–30. Moenie in dieselfde juk trek saam met ongelowiges nie, 2 Kor. 6:14. Laat julle nie weer onder die juk van diensbaarheid bring nie, Gal. 5:1. Nóg begeer ons om enigeen te bring onder die juk van knegskap, Alma 44:2. Die lyding van die Heiliges is ’n ystere juk, ’n sterk band en die kettings van die hel, L&V 123:1–3, 7–8.