Idees, begrippe en beelde in ’n persoon se verstand. Die krag om te dink is ’n gawe van God en ons is vry om te kies hoe ons ons krag om te dink, gebruik. Die wyse waarop ons dink, beïnvloed grootliks houdings en gedrag, asook ons posisie ná hierdie lewe. Regverdige gedagtes lei na heil; goddelose gedagtes lei na verdoemenis.
Die Here verstaan elke versinsel van die gedagtes, 1 Kron. 28:9 .
Soos hy in sy siel bereken, so is hy, Spr. 23:7 .
My gedagtes is nie julle gedagtes nie, Jes. 55:7–9 .
Jesus het hulle gedagtes geken, Matt. 12:25 (Lk. 5:22 ; 6:8 ).
Want van binne, uit die hart van die mens, kom die slegte gedagtes, Mark. 7:20–23 .
Terwyl ons elke gedagte gevange neem tot die gehoorsaamheid aan Christus, 2 Kor. 10:5 .
Alles wat waar is, alles wat eerbaar is, alles wat regverdig is, alles wat rein is, alles wat lieflik is, bedink dit, Filip. 4:8 .
Onthou, om vleeslik gesind te wees is die dood, en om geestelik gesind te wees is die ewige lewe, 2 Ne. 9:39 .
As julle nie op julleself let nie, en julle gedagtes, moet julle vergaan, Mosia 4:30 .
Ons gedagtes sal ons veroordeel, Alma 12:14 .
Net God ken die gedagtes en voornemens van jou hart, L&V 6:16 (L&V 33:1 ).
Sien na My op in elke gedagte, L&V 6:36 .
Maak in julle gedagtes die woorde van die lewe bymekaar, L&V 84:85 .
Werp julle ydele gedagtes weg, L&V 88:69 .
Die gedagtes van mense se harte sal openbaar word, L&V 88:109 .
Laat deugsaamheid jou gedagtes voortdurend versier, L&V 121:45 .