Onregverdig, Onregverdigheid Sien ook Boos, Boosheid; Regverdigheid, Regverdig; Sonde; Vieslik, Vieslikheid Goddeloos; mense wat nie God of die dinge van God liefhet nie en wat nie sy saak ondersteun nie. Die onregverdiges sal nie die koninkryk van God beërwe nie, 1 Kor. 6:9–10. Almal wat behae gehad het in die onregverdigheid word veroordeel, 2 Thes. 2:12. Jesus Christus kan ons reinig van alle ongeregtigheid, 1 Joh. 1:9. ’n Onregverdige koning verdraai die weë van alle regverdigheid, Mosia 29:23. Die fondament van vernietiging word gelê deur die onregverdigheid van regsgeleerdes en regters, Alma 10:27. Ek stuur julle uit om die wêreld te berispe oor onregverdige dade, L&V 84:87. Die siel moet geheilig word van alle onregverdigheid, L&V 88:17–18. Die aard van byna alle mense is om onregverdige heerskappy te begin uitoefen, L&V 121:39.