Christus (’n Griekse woord) en Messias (’n Hebreeuse woord) beteken “die gesalfde.” Jesus Christus is die Eersgeborene van die Vader in die gees (Hebr. 1:6 ; L&V 93:21 ). Hy is die Eniggeborene van die Vader in die vlees (Joh. 1:14 ; 3:16 ). Hy is Jehova (L&V 110:3–4 ) en was voorafverordineer tot sy groot roeping voor die skepping van die wêreld. Onder die Vader se leiding het Jesus die aarde en alles daarop geskape (Joh. 1:3, 14 ; Moses 1:31–33 ). Hy is uit Maria te Betlehem gebore, het ’n sondelose lewe gelei en het ’n volmaakte versoening gedoen vir die sondes van die hele mensdom deur sy bloed te stort en sy lewe te gee op die kruis (Matt. 2:1 ; 1 Ne. 11:13–33 ; 3 Ne. 27:13–16 ; L&V 76:40–42 ). Hy het opgestaan uit die dode om aldus die uiteindelike opstanding van die hele mensdom te verseker. Deur Jesus se Versoening en Opstanding sal diegene wat bekeer van hulle sondes en God se gebooie onderhou, vir ewig kan leef met Jesus en die Vader (2 Ne. 9:10–12 ; 21–22 ; L&V 76:50–53, 62 ).
Jesus Christus is die grootste wese wat gebore is op hierdie aarde. Sy lewe is die volmaakte voorbeeld van hoe die hele mensdom behoort te lewe. Alle gebede, seëninge en priesterskapordinansies moet in sy Naam gedoen word. Hy is die Here van die here, Koning van die konings, die Skepper, die Saligmaker en die God van die hele aarde.
Jesus Christus sal weer kom met mag en heerlikheid om op die aarde te heers gedurende die Millennium. Op die laaste dag sal Hy die hele mensdom oordeel (Alma 11:40–41 ; JS—M 1 ).
Opsomming van sy lewe (in kronologiese volgorde)
Jesus se geboorte en sending is voorspel, Lk. 1:26–38 (Jes. 7:14 ; 9:6–7 ; 1 Ne. 11 ).
Is gebore, Lk. 2:1–7 (Matt. 1:18–25 ).
Is besny, Lk. 2:21 .
Is in die tempel voorgestel, Lk. 2:22–38 .
Is deur die wyse manne besoek, Matt. 2:1–12 .
Josef en Maria het met Hom gevlug na Egipte, Matt. 2:13–18 .
Is na Násaret gebring, Matt. 2:19–23 .
Het die tempel op twaalfjarige ouderdom besoek, Lk. 2:41–50 .
Het broers en susters gehad, Matt. 13:55–56 (Mark. 6:3 ).
Is gedoop, Matt. 3:13–17 (Mark. 1:9–11 ; Lk. 3:21–22 ).
Is deur die duiwel versoek, Matt. 4:1–11 (Mark. 1:12–13 ; Lk. 4:1–13 ).
Het sy dissipels geroep, Matt. 4:18–22 (Matt. 9:9 ; Mark. 1:16–20 ; 2:13–14 ; Lk. 5:1–11, 27–28 ; 6:12–16 ; Joh. 1:35–51 ).
Het die Twaalf opdrag gegee, Matt. 10:1–4 (Mark. 3:13–19 ; Lk. 6:12–16 ).
Het die Bergpredikasie gegee, Matt. 5–7 .
Het sy eie dood en opstanding voorspel, Matt. 16:21 (Matt. 17:22–23 ; 20:17–19 ; Mark. 8:31 ; 9:30–32 ; 10:32–34 ; Lk. 9:22 ; 18:31–34 ).
Het transfigurasie ondergaan, Matt. 17:1–9 (Mark. 9:2–8 ; Lk. 9:28–36 ).
Het die sewentigs uitgestuur, Lk. 10:1–20 .
Het sy triomfantelike intog in Jerusalem gemaak, Matt. 21:1–11 (Mark. 11:1–11 ; Lk. 19:29–40 ; Joh. 12:12–15 ).
Het die nagmaal ingestel, Matt. 26:26–29 (Mark. 14:22–25 ; Lk. 22:19–20 ).
Het gely en gebid in Getsémane, Matt. 26:36–46 (Mark. 14:32–42 ; Lk. 22:39–46 ).
Is verraai, in hegtenis geneem en verlaat, Matt. 26:47–56 (Mark. 14:43–53 ; Lk. 22:47–54 ; Joh. 18:2–13 ).
Is gekruisig, Matt. 27:31–54 (Mark. 15:20–41 ; Lk. 23:26–28, 32–49 ; Joh. 19:16–30 ).
Het opgestaan, Matt. 28:1–8 (Mark. 16:1–8 ; Lk. 24:1–12 ; Joh. 20:1–10 ).
Het na sy opstanding verskyn, Matt. 28:9–20 (Mark. 16:9–18 ; Lk. 24:13–48 ; Joh. 20:11–31 ; Hand. 1:3–8 ; 1 Kor. 15:5–8 ).
Het opgevaar na die hemel, Mark. 16:19–20 (Lk. 24:51–53 ; Hand. 1:9–12 ).
Christus se heerskappy in die Millennium
Ek sal in regverdigheid met die mens op aarde ’n duisend jaar woon, L&V 29:11 (L&V 43:29–30 ).
Laat hom onderdanig wees aan die magte wat heers, totdat Hy heers wie se reg dit is om te heers, L&V 58:22 (1 Kor. 15:25 ).
Hy het hulle geleer soos een wat gesag het, Matt. 7:28–29 (Mark. 1:22 ).
Die Seun van die mens het mag om sondes te vergewe op die aarde, Matt. 9:6 .
Jesus het met gesag aan die onreine geeste bevel gegee en hulle het Hom gehoorsaam, Mark. 1:27 (Lk. 4:33–36 ).
Jesus het twaalf geordineer om mag te hê, Mark. 3:14–15 .
Jesus se woord was met gesag, Lk. 4:32 .
Die Vader het die hele oordeel aan die Seun gegee, Joh. 5:22, 27 .
God het Jesus met die Heilige Gees en met krag gesalf, Hand. 10:38 .
Christus is voorafverordineer voor die grondlegging van die wêreld, 1 Petr. 1:20 (Ether 3:14 ).
Christus het die sleutels van die doderyk en van die dood, Openb. 1:18 .
Alle mense word onderworpe aan Christus, 2 Ne. 9:5 .
Jesus Christus, die Seun van God, is die Vader van die hemel en die aarde, die Skepper van alle dinge vanaf die begin, Hel. 14:12 .
Christus het gekom deur die wil van die Vader om sy wil te doen, L&V 19:24 .
Jesus het ’n volheid van die heerlikheid van die Vader ontvang, en Hy het alle mag ontvang, L&V 93:3–4, 16–17 (Joh. 3:35–36 ).
Getuienis gegee van Jesus Christus
Paulus het getuig dat Jesus die Christus is, Hand. 18:5 .
Selfs die bose geeste het getuig dat hulle Jesus geken het, Hand. 19:15 .
Niemand kan sê dat Jesus die Here is nie, behalwe deur die Heilige Gees, 1 Kor. 12:3 .
Elke knie sal buig en elke tong bely dat Jesus Christus die Here is, Filip. 2:10–11 .
Ons het Hom gesien en het die stem gehoor wat getuig dat Hy die Eniggeborene is, L&V 76:20–24 .
Dit is ewige lewens—om God en Jesus Christus te ken, L&V 132:24 .
Ons glo in God die Ewige Vader, en in sy Seun, Jesus Christus, Gel. Art. 1:1 .
Ons glo dat Christus persoonlik sal heers op die aarde, Gel. Art. 1:10 .
Heerlikheid van Jesus Christus
Die seun van die mens sal in die heerlikheid van sy Vader kom, Matt. 16:27 .
Verheerlik My met die heerlikheid wat Ek by U gehad het voordat die wêreld was, Joh. 17:5 .
Die Heilige Een van Israel moet in groot heerlikheid heers, 1 Ne. 22:24 .
Ons het ’n hoop van sy heerlikheid gehad, Jakob 4:4 .
Die Seun van God kom in sy heerlikheid, Alma 5:50 .
Hy het alle dinge uitgelê, vanaf die begin totdat Hy sal kom in sy heerlikheid, 3 Ne. 26:3 .
My Apostels sal geklee staan in heerlikheid net soos Ek is, L&V 29:12 (L&V 45:44 ).
Ons het die heerlikheid van die Seun aanskou, aan die regterhand van die Vader, L&V 76:19–23 .
Johannes het gesien en getuig van die volheid van my heerlikheid, L&V 93:6 (Joh. 1:14 ).
Sy gelaat het geskyn bó die helderheid van die son, L&V 110:3 .
Sy heerlikheid was op my, en ek het sy gesig gesien, Moses 1:1–11 .
Dit is my werk en my heerlikheid, Moses 1:39 .
Nadoodse verskynings van Christus
Nadat Jesus opgestaan het, het Hy eers verskyn aan Maria, Mark. 16:9 (Joh. 20:11–18 ).
Jesus het geloop en gepraat met twee van die dissipels op pad na Émmaüs, Lk. 24:13–34 .
Jesus het aan die Apostels verskyn wat sy hande en voete gevoel het, Lk. 24:36–43 (Joh. 20:19–20 ).
Jesus het aan Thomas verskyn, Joh. 20:24–29 .
Jesus het aan die dissipels verskyn by die See van Tibérias, Joh. 21:1–14 .
Jesus het vir veertig dae na sy opstanding gedien, Hand. 1:2–3 .
Stéfanus het Jesus gesien staan aan die regterhand van God, Hand. 7:55–56 .
Jesus het aan Saul verskyn, Hand. 9:1–8 (JSV, Hand. 9:7 ; Hand. 26:9–17 ).
Christus is gesien deur meer as 500 mense, 1 Kor. 15:3–8 .
Joseph Smith en Sidney Rigdon het Jesus gesien aan die regterhand van God, L&V 76:22–23 .
Joseph Smith en Oliver Cowdery het die Here gesien in die Kirtland Tempel, L&V 110:1–4 .
Om die Naam van Jesus Christus op ons te neem
Daar is ook geen ander naam onder die hemel waardeur ons gered moet word nie, Hand. 4:12 (2 Ne. 31:21 ).
Die Apostels was verheug dat hulle waardig geag was om vir sy Naam oneer te ly, Hand. 5:38–42 .
En dit is sy gebod, dat ons in die Naam van sy Seun, Jesus Christus, moet glo, 1 Joh. 3:23 .
Getuig dat julle gewillig is om die Naam van Christus op julle te neem deur die doop, 2 Ne. 31:13 .
Ek wil hê dat julle op julle die Naam van Christus moet neem, Mosia 5:6–12 (Mosia 1:11 ).
Wie ook al begerig was om die Naam van Christus op hulle te neem, het by die Kerk van God aangesluit, Mosia 25:23 .
Al diegene wat ware gelowiges in Christus was, het die Naam van Christus op hulle geneem, Alma 46:15 .
Die poort van die hemel is oop vir diegene wat sal glo in die Naam van Jesus Christus, Hel. 3:28 .
Geseënd is hy wat op die laaste dag getrou bevind word aan sy Naam, Ether 4:19 .
Hulle is gewillig om die Naam van die Seun op hulle te neem, Moro. 4:3 (L&V 20:77 ).
Profesieë aangaande die geboorte en dood van Jesus Christus
Die maagd sal swanger word en ’n seun baar, Jes. 7:14 (1 Ne. 11:13–20 ).
Uit Betlehem sal daar vir My uitgaan een wat ’n Heerser in Israel sal wees, Miga 5:1 .
Samuel die Lamaniet het geprofeteer van ’n dag, ’n nag, en ’n dag van lig; ’n nuwe ster, en ander tekens, Hel. 14:2–6 .
Samuel die Lamaniet het duisternis geprofeteer, donder en weerlig en die aarde sal skud, Hel. 14:20–27 .
Die tekens van Jesus se geboorte is vervul, 3 Ne. 1:15–21 .
Die tekens van Jesus se dood is vervul, 3 Ne. 8:5–23 .
Vooraardse bestaan van Christus
In die begin was die Woord by God. En die Woord het vlees geword en het onder ons gewoon, Joh. 1:1, 14 (1 Joh. 1:1–3 ).
Voordat Abraham was, is Ek, Joh. 8:58 .
Verheerlik My by Uself met die heerlikheid wat Ek by U gehad het voordat die wêreld was, Joh. 17:5 .
Jesaja het waarlik my Verlosser gesien, soos ek en my broer, Jakob Hom gesien het, 2 Ne. 11:2–3 .
Môre kom Ek in die wêreld, 3 Ne. 1:12–14 .
Christus was voordat die wêreld begin het, 3 Ne. 26:5 (Joh. 6:62 ).
Soos Ek aan jou verskyn, sal Ek aan my volk verskyn in die vlees, Ether 3:14–17 .
My Geliefde Seun wat my Geliefde en Uitverkorene was vanaf die begin, Moses 4:2 .
Die Here het gesê: Wie sal Ek stuur? En een soos die Seun van die Mens het geantwoord: Hier is ek, stuur my, Abr. 3:27 .
Voorafskaduwings of simbole van Christus
Abel het die eersgeborenes van sy kleinvee geoffer, Gén. 4:4 (Moses 5:20 ).
Neem jou enigste seun, Isak, en offer hom as ’n offerande, Gén. 22:1–13 (Jakob 4:5 ).
Die Here het die kinders van Israel beveel om lammers sonder gebrek te offer, Ex. 12:5, 21, 46 (Núm. 9:12 ; Joh. 1:29 ; 19:33 ; 1 Petr. 1:19 ; Openb. 5:6 ).
Dit is die brood wat die Here jou gegee het om te eet, Ex. 16:2–15 (Joh. 6:51 ).
Slaan die rots, en daar sal water uitkom, dat die volk kan drink, Ex. 17:6 (Joh. 4:6–14 ; 1 Kor. 10:1–4 ).
Die bok sal op hom al hulle ongeregtighede dra, Lev. 16:20–22 (Jes. 53:11 ; Mosia 14:11 ; 15:6–9 ).
Moses het ’n slang van koper opgehef om diegene te red wat daarna kyk, Núm. 21:8–9 (Joh. 3:14–15 ; Alma 33:19 ; Hel. 8:14–15 ).
Jona was in die ingewande van die vis vir drie dae, Jona 1:17 (Matt. 12:40 ).
Voorbeeld van Jesus Christus
Ek het aan julle ’n voorbeeld gegee, Joh. 13:15 .
Ek is die weg en die waarheid en die lewe, Joh. 14:6 .
Christus het ook vir julle gely en julle ’n voorbeeld nagelaat, sodat julle sy voetstappe kan navolg, 1 Petr. 2:21 .
Tensy ’n mens die voorbeeld van die Seun van die lewende God volg, kan hy nie gered word nie, 2 Ne. 31:16 .
Ek wil hê dat julle volmaak moet wees, net soos Ek, 3 Ne. 12:48 .
Dit sal julle altyd nastreef om te doen, net soos Ek gedoen het, 3 Ne. 18:6 .
Ek het vir julle ’n voorbeeld gestel, 3 Ne. 18:16 .
Die werke wat julle My gesien doen het, dit sal julle ook doen, 3 Ne. 27:21, 27 .
Ware volgelinge van Jesus Christus sal soos Hy wees, Moro. 7:48 .