Moab
’n Land in Ou Testamentiese tye geleë oos van die Dooie See. Die Moabiete was afstammelinge van Lot en was verwant aan die Israeliete. Hulle het ’n taal soortgelyk aan Hebreeus gepraat. Daar was voortdurend oorlog tussen die Moabiete en die Israeliete (Rigt. 3:12–30; 11:17; 2 Sam. 8:2; 2 Kon. 3:6–27; 2 Kron. 20:1–25; Jes. 15).