Kinders van Christus Sien ook Jesus Christus; Seuns en Dogters van God; Verwek; Wedergebore, Gebore uit God Diegene wat die evangelie van Jesus Christus aangeneem het. Elkeen wat homself sal verneder soos hierdie kindjie, is die grootste, Matt. 18:1–4. Glo in die lig, sodat julle kinders van die lig kan word, Joh. 12:36. Lê die natuurlike mens af en word soos ’n kind, Mosia 3:19; 27:25–26. Vanweë die verbond sal julle die kinders van Christus genoem word, Mosia 5:7. As julle sal vasgryp aan elke goeie ding, sal julle sekerlik ’n kind van Christus wees, Moro. 7:19. Aan almal wat My aangeneem het, het Ek mag gegee om my seuns te word, L&V 39:4. Vrees nie, kindertjies, want julle is myne, L&V 50:40–41. Jy is een in My, ’n seun van God, Moses 6:68.