Konings
Twee boeke in die Ou Testament. Hierdie boeke vertel van die geskiedenis van Israel vanaf die rebellie van Adónia, die vierde seun van Koning Dawid (ongeveer 1015 v.C.), tot die finale slawerny van Juda (ongeveer 586 v.C.). Hulle sluit die hele geskiedenis van die noordelike koninkryk in (die tien stamme van Israel) vanaf die skeiding tot die Assiriërs hulle gevange geneem het na die noordelike lande. Sien ook Kronologie in die bylae.
Eerste Konings
Hoofstuk 1 beskryf die laaste dae van Koning Dawid se lewe. Hoofstuk 2–11 teken Salomo se lewe aan. Hoofstuk 12–16 vertel van Salomo se onmiddellike opvolgers, Rehábeam en Jeróbeam. Jeróbeam het die verdeling van die koninkryk van Israel veroorsaak. Ander konings word ook genoem. Hoofstuk 17–21 handel oor gedeeltes van die sending van Elía wat vir Agab, koning van Israel, vermaan het. Hoofstuk 22 handel oor ’n oorlog teen Aram waarin Agab en Jósafat, koning van Juda, hul magte saamspan. Die profeet Miga profeteer teen die konings.
Tweede Konings
In hoofstuk 1:1––2:11 word die verhaal van die lewe van Elía, insluitende Elía se opvaart na die hemel in ’n wa van vuur voortgesit. Hoofstuk 2–9 is oor Elisa se sending van geloof en groot krag. Hoofstuk 10 vertel van Jehu, die koning, en hoe hy die huis van Agab en die priesters van Baäl vernietig het. Hoofstuk 11–13 teken die regverdige heerskappy van Joas en die dood van Elísa aan. Hoofstuk 14–17 is oor verskillende konings wat in Israel en Juda geheers het, dikwels in goddeloosheid. Hoofstuk 15 teken die Assiriese slawerny van die tien stamme van Israel aan. Hoofstuk 18–20 is oor die regverdige lewe van Hiskía, die koning van Juda en die profeet Jesaja. Hoofstuk 21–23 vertel van die konings van Manasse en Josía. Volgens oorlewering was Manasse verantwoordelik vir die martelaarskap van Jesaja. Josía was ’n regverdige koning wat die wet onder die Jode hervestig het. Hoofstuk 24–25 teken die Babiloniese slawerny aan.