Rus Sien ook Sabbatdag; Vrede Die genieting van vrede en vryheid van bekommernis en verontrusting. Die Here het so ’n rus belowe aan sy getroue volgelinge gedurende hierdie lewe. Hy het ook ’n plek van rus vir hulle voorberei in die volgende lewe. Moet Ek self meegaan om jou die rusplek te verskaf, Ex. 33:14. Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee, Matt. 11:28–29. Ons het gearbei dat hulle sy rus mag binnegaan, Jakob 1:7 (Hebr. 4:1–11). Wie ook al bekeer, sal my rus binnegaan, Alma 12:34. Daar was uitermate baie wat rein gemaak is en die rus van die Here binnegegaan het, Alma 13:12–16. Die paradys is ’n toestand van rus, Alma 40:12 (Alma 60:13). Niks kan sy rus binnegaan nie behalwe as dit diegene is wat hulle klere in my bloed gewas het, 3 Ne. 27:19. Verkondig bekering aan hierdie mense, dat jy met hulle mag rus in die koninkryk van my Vader, L&V 15:6 (L&V 16:6). Diegene wat sterf sal rus van al hulle arbeid, L&V 59:2 (Openb. 14:13). Die Here se rus is die volheid van sy heerlikheid, L&V 84:24.