Altaar Sien ook Offerande ’n Struktuur wat gebruik is vir offerandes en aanbidding. Noag het ’n altaar gebou vir die Here en het brandoffers geoffer, Gén. 8:20. Abram het ’n altaar vir die Here gebou, Gén. 12:7–8. Abraham het Isak, sy seun, gebind op die altaar, Gén. 22:9 (Gén. 22:1–13). Jakob het daar ’n altaar gebou en het die plek El Bet-el genoem, Gén. 35:6–7. Elía het ’n altaar gebou en het die priesters van Baäl uitgedaag, 1 Kon. 18:17–40. As jy jou gawe na die altaar bring, word eers versoen met jou broer, Matt. 5:23–24. Ek het onder die altaar die siele gesien van diegene wat gedood is vir die woord van God, Openb. 6:9 (L&V 135:7). Lehi het ’n altaar van klippe gebou en het die Here gedank, 1 Ne. 2:7. Abraham is gered van die dood op ’n altaar van Elkena, Abr. 1:8–20.