Getransfigureerde Wesens Persone wat verander word sodat hulle nie pyn of die dood ervaar nie tot hulle opstanding tot onsterflikheid. Henog het met God gewandel; en hy was daar nie meer nie, want God het hom weggeneem, Gén. 5:24 (Hebr. 11:5; L&V 107:48–49). Niemand het tot vandag toe Moses se graf geken nie, Deut. 34:5–6 (Alma 45:19). Elía het in die storm na die hemel opgevaar, 2 Kon. 2:11. As Ek wil hê dat hy bly totdat Ek kom, wat gaan dit jou aan, Joh. 21:22–23 (L&V 7:1–3). Julle sal nooit die dood smaak nie, 3 Ne. 28:7. Sodat hulle nie die dood mag smaak nie, was daar ’n verandering op hulle liggame bewerkstellig, 3 Ne. 28:38 (4 Ne. 1:14; Morm. 8:10–11). Johannes die Geliefde sal leef totdat die Here kom, L&V 7. Ek het die Sion van Henog in my eie boesem geneem, L&V 38:4 (Moses 7:21, 31, 69). Henog en sy broers is ’n stad wat teruggehou word tot ’n dag van regverdigheid, L&V 45:11–12. Elía is opgeneem na die hemel sonder om die dood te smaak, L&V 110:13. Die Heilige Gees het op baie geval, en hulle is in Sion opgeneem, Moses 7:27.