Gebeure of ervarings wat God aan mense gee om te toon dat iets belangriks in sy werk plaasgevind het of binnekort sal plaasvind. In die laaste dae is baie tekens oor die Tweede Koms van die Saligmaker geprofeteer. Hierdie tekens stel getroue mense in staat om God se plan te herken, gewaarsku te word en voor te berei.
Die berg van die huis van die Here sal vasstaan op die top van die berge, Jes. 2:2–3 .
Hy sal ’n banier ophef en Israel versamel, Jes. 5:26 (2 Ne. 15:26–30 ).
Die son is duister by sy opgang, en die maan laat sy lig nie skyn nie, Jes. 13:10 (Joël 3:15 ; L&V 29:14 ).
Mense sal die wette en die ewige verbond verbreek, Jes. 24:5 .
Die Nefiete se stem sal uit die grond opkom, Jes. 29:4 (2 Ne. 27 ).
Israel sal met krag versamel word, Jes. 49:22–23 (1 Ne. 21:22–23 ; 3 Ne. 20–21 ).
God sal ’n koninkryk verwek wat in ewigheid nie vernietig sal word nie, Dan. 2:44 (L&V 65:2 ).
Oorloë, drome en visioene sal die Tweede Koms voorafgaan, Joël 2 .
Al die nasies sal versamel om oorlog te voer teen Jerusalem, Sag. 14:2 (Eség. 38–39 ).
Die dag kom, en dit brand soos ’n oond, Mal. 4:1 (3 Ne. 25:1 ; L&V 133:64 ; JS—G 1:37 ).
Die Lamaniete sal bloei soos die narsing, L&V 49:24–25 .
Die bose sal die bose dood, L&V 63:32–35 (Openb. 9 ).
Oorlog sal uitgestort word oor alle nasies, L&V 87:2 .
Tekens, beroeringe van die elemente en engele berei die weg vir die koms van die Here, L&V 88:86–94 .
Duisternis sal die aarde bedek, L&V 112:23–24 .
Die Here het die Heiliges beveel om voor te berei vir die Tweede Koms, L&V 133 .