Oneerbiedigheid Sien ook Laster, Godslastering Oneerbiedigheid of minagting vir heilige dinge; veral oneerbiedigheid vir die naam van God. Jy mag die Naam van die Here jou God nie ydellik gebruik nie, Ex. 20:7 (2 Ne. 26:32; Mosia 13:15; L&V 136:21). Waarom ontheilig ons die verbond van ons vaders, Mal. 2:10. Van elke ydele woord wat die mense praat, daarvan moet hulle rekenskap gee in die oordeelsdag, Matt. 12:34–37. Uit dieselfde mond kom seën en vervloeking. Dit behoort nie so te wees nie, Jak. 3:10. Ons woorde sal ons veroordeel, Alma 12:14 (Mosia 4:30). Laat almal oppas hoe hulle my Naam op hulle lippe neem, L&V 63:61–62.