Om na te dink en diep te dink, dikwels oor die skrifture of ander dinge van God. Wanneer dit met gebed gepaard gaan, mag nabetragting oor die dinge van God openbaring en begrip meebring.
Terwyl ek dit in my hart sit en bepeins het, is ek deur die Gees weggevoer, 1 Ne. 11:1 .
My hart bepeins die skrifture, 2 Ne. 4:15 .
Nefi het sy weg gegaan, peinsend oor die dinge wat die Here aan hom getoon het, Hel. 10:2–3 .
Gaan na julle huise en peins oor die dinge wat ek gesê het, 3 Ne. 17:3 .
Onthou hoe barmhartig die Here was, en oordink dit in julle harte, Moro. 10:3 .
Peins oor die dinge wat julle ontvang het, L&V 30:3 .
Terwyl ons hierdie dinge bepeins het, het die Here die oë van ons verstand aangeraak, L&V 76:19 .
Ek het in my kamer gesit en oor die skrifture gepeins, L&V 138:1–11 .