Millennium Sien ook Hel; Tweede Koms van Jesus Christus Die duisendjarige tydperk van vrede wat sal begin wanneer Christus terugkeer om persoonlik te heers op die aarde (Gel. Art. 1:10). Nie meer sal hulle swaarde ophef, en hulle sal nie meer leer om oorlog te voer nie, Jes. 2:4 (Miga 4:3; 2 Ne. 12:4). Land wat verwoes was, het geword soos die tuin van Eden, Eség. 36:35. Hulle het met Christus geleef en geheers vir ’n duisend jaar, Openb. 20:4. Vanweë regverdigheid het Satan geen mag nie, 1 Ne. 22:26. Ek sal in regverdigheid op aarde woon vir ’n duisend jaar, L&V 29:11. Wanneer die duisend jaar beëindig is, sal Ek die aarde vir ’n kort tydjie spaar, L&V 29:22. Die groot Millennium sal kom, L&V 43:30. Kinders van die regverdiges sal opgroei sonder sonde, L&V 45:58. Kinders sal opgroei totdat hulle oud word; manne sal verander word in ’n oogwink, L&V 63:51. Aan die begin van die seweduisendste jaar sal die Here die aarde heilig, L&V 77:12. Hulle leef nie weer totdat die duisend jaar geëindig het nie, L&V 88:101. Satan sal gebind wees vir ’n duisend jaar, L&V 88:110. Die Millennium word beskryf, L&V 101:23–34. Vir ’n duisend jaar sal die aarde rus, Moses 7:64.