Toewy, Wet van Toewyding Sien ook Koninkryk van God of Koninkryk van die Hemel; Verenigde Orde Om toe te wy, om heilig te maak, of om regverdig te word. Die wet van toewyding is ’n goddelike beginsel waardeur mans en vroue hulle tyd, talente, en materiële rykdom vrywillig toewy vir die vestiging en opbouing van God se koninkryk. Wy julleself vandag toe vir die Here, Ex. 32:29. Almal wat gelowig geword het, het alles gemeenskaplik besit, Hand. 2:44–45. Hulle het alle dinge gemeenskaplik onder hulle gehad, daarom was daar geen rykes en armes gewees nie, 4 Ne. 1:3. Die Here het die beginsels van toewyding verduidelik, L&V 42:30–39 (L&V 51:2–19; 58:35–36). Een mens moenie meer besit as ’n ander nie, L&V 49:20. Elke mens is ’n gelyke deel gegee volgens sy gesin, L&V 51:3. ’n Orde is gevestig sodat die Heiliges gelyk kon wees in die bande van hemelse en aardse dinge, L&V 78:4–5. Elke mens moes gelyke aanspraak hê volgens sy belange en begeertes, L&V 82:17–19. Sion kan slegs opgebou word volgens die beginsels van die selestiale wet, L&V 105:5. Die volk van Henog was een van hart en een van sin en het in regverdigheid geleef, en daar was geen armes onder hulle nie, Moses 7:18.