Opoffer
In die vroeëre tye het opoffer beteken om iets of iemand te heilig. Vandag beteken dit om vir die Here en sy koninkryk wêreldse dinge prys te gee. Lede van die Here se Kerk moet gewillig wees om alle dinge vir die Here op te offer. Joseph Smith het geleer dat “’n geloof wat nie die opoffering van alle dinge vereis nie, nooit voldoende mag het om die geloof voort te bring wat noodsaaklik is vir die lewe en heil nie.” In die ewige perspektief is die seëninge wat verkry word deur opoffering, groter as enigiets wat prysgegee word.
Nadat Adam en Eva uit die Tuin van Eden uitgewerp is, het die Here aan hulle die wet van offerande gegee. Hierdie wet het ingesluit die offerande van die eerstelinge van hulle kudde. Hierdie offerande het die offer wat gemaak sou word deur die Eniggebore Seun van God, gesimboliseer (Moses 5:4–8). Hierdie gebruik het voortgeduur tot die dood van Jesus Christus, wat die offer van diere as ’n evangeliese offerande beëindig het (Alma 34:13–14). Vandag gebruik Kerklede van die nagmaal van die brood en die water ter gedagtenis aan die offerande van Jesus Christus. Vandag word lede van Christus se Kerk ook gevra om die offerande van ’n gebroke hart en ’n verslae gees te offer (3 Ne. 9:19–22). Dit beteken dat hulle nederig, boetvaardig en gewillig is om God se gebooie te onderhou.