Tiende, Tiendes Sien ook Geld; Offerande ’n Tiende gedeelte van ’n persoon se jaarlikse inkomste wat aan die Here gegee word deur middel van die Kerk. Tiendefondse word gebruik om kerke en tempels te bou, om sendingwerk te steun en om die koninkryk van God op die aarde te bou. Abraham het tiendes van alles wat hy besit het aan Melgisédek gegee, Gén. 14:18–20 (Hebr. 7:1–2, 9; Alma 13:15). Al die tiendes behoort aan die Here; dit is heilig aan die Here, Lev. 27:30–34. Jy moet noukeurig die hele opbrengs van jou saad vertien, Deut. 14:22, 28. Die tiendes van alles het hulle in menigte ingebring, 2 Kron. 31:5. Mag ’n mens God beroof? Waarin het ons U beroof? In die tiendes en die offergawe, Mal. 3:8–11 (3 Ne. 24:8–11). Hy wat sy tiende gee, sal nie verbrand word by sy koms nie, L&V 64:23 (L&V 85:3). Die Here se huis sal gebou word deur die tiendeheffing van sy volk, L&V 97:11–12. Die Here het die wet van die tiende geopenbaar, L&V 119. Tiendes sal deur ’n raad toegedeel word, L&V 120.