Waardig, Waardigheid Sien ook Regverdigheid, Regverdig Om persoonlik regverdig te wees en om voor die aangesig van God en sy aangestelde leiers aanvaar te word. En wie sy kruis nie neem nie, is My nie waardig nie, Matt. 10:38. Die arbeider is sy loon werd, Lk. 10:7 (L&V 31:5). Sien dat julle alle dinge doen in waardigheid, Morm. 9:29. Hulle was nie gedoop nie tensy hulle waardig was, Moro. 6:1. Die wat traag is sal nie waardig geag word om ’n amp te beklee nie, L&V 107:100. Hy wat nie kastyding wil verduur nie, is my koninkryk nie waardig nie, L&V 136:31. Die priesterskap is gegee aan alle waardige manlike lede, AV 2.