Mígael Sien ook Aartsengel; Adam Die naam waaronder Adam bekend was in die vooraardse lewe. Hy word die Aartsengel genoem. In Hebreeus beteken die naam “Wie soos God is.” Mígael, een van die vernaamste vorste het gekom om vir Daniël te help, Dan. 10:13, 21 (L&V 78:16). In die laaste dae sal Mígael, die groot vors, opstaan, Dan. 12:1. Mígael, die aartsengel het met die duiwel gestry, Judas 1:9. Mígael en sy engele het teen die draak oorlog gevoer, Openb. 12:7 (Dan. 7). Mígael is Adam, L&V 27:11 (L&V 107:53–57; 128:21). Mígael, die Here se aartsengel, sal sy trompet laat klink, L&V 29:26. Mígael sal sy leër versamel en Satan beveg, L&V 88:112–115. Die stem van Mígael is gehoor waar hy die duiwel bespeur, L&V 128:20.