Beloofde Land Land wat die Here beloof as ’n erfenis aan sy getroue volgelinge en ook dikwels aan hulle afstammelinge. Daar is baie beloofde lande. Die beloofde land waarvan dikwels gepraat word in die Boek van Mormon, is die Amerikas. Aan jou nageslag sal Ek hierdie land gee, Gén. 12:7 (Abr. 2:19). Ek sal aan jou en jou nageslag die land Kanaän gee, Gén. 17:8 (Gén. 28:13). Moses het die grense van die land vir Israel in Kanaän aangewys, Núm. 34:1–12 (Núm. 27:12). Julle sal gelei word na ’n beloofde land, 1 Ne. 2:20 (1 Ne. 5:5). Die Here lei die regverdiges weg na begeerlike lande, 1 Ne. 17:38. As Lehi se afstammelinge God se gebooie onderhou, sal hulle in die beloofde land voorspoedig wees, 2 Ne. 1:5–9. Israel sal terugkeer na hulle beloofde lande, 2 Ne. 24:1–2 (Jes. 14:1–2). Watter nasie hierdie beloofde land sal besit, moet God dien, of hulle sal weggevee word, Ether 2:9–12. Dit is die beloofde land, en die plek vir die stad Sion, L&V 57:2. Juda mag begin om na die lande van Abraham terug te keer, L&V 109:64. Die Nuwe Jerusalem sal op die Amerikaanse vasteland gebou word, Gel. Art. 1:10.