Verstand Verstandelike vermoëns; bewustelike vermoë. Dien Hom met ’n volkome hart en met ’n gewillige siel, 1 Kron. 28:9. Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele verstand, Matt. 22:37. Om vleeslik gesind te wees is die dood, en om geestelik gesind te wees is die ewige lewe, 2 Ne. 9:39. Die stem van die Here het in my verstand gekom, Enos 1:10. Die woord het ’n kragtiger effek op die gemoed van die volk as die swaard gehad, Alma 31:5. Ek sal jou in jou verstand vertel, L&V 8:2. Gaan dit na in jou verstand, L&V 9:8. Hou die plegtighede van die ewigheid in gedagte, L&V 43:34. Julle verstand is in die verlede verduister, L&V 84:54. Gaan vroeg bed toe, staan vroeg op sodat julle liggame en verstand versterk mag word, L&V 88:124. Satan het nie die bedoeling van God geken nie, Moses 4:6. Die Here het sy volk Sion genoem, omdat hulle van een hart en een gedagte was, Moses 7:18.