Sendingwerk Sien ook Evangelie; Preek Om die evangelie van Jesus Christus mee te deel deur woord en deur voorbeeld. Hoe lieflik is op die berge die voete van hom wat die goeie boodskap bring, Jes. 52:7. Ek sal na my skape vra en vir hulle sorg, Eség. 34:11. Verkondig die evangelie aan die ganse mensdom, Mark. 16:15 (Morm. 9:22). Aanskou die lande dat hulle al wit is vir die oes, Joh. 4:35. En hoe kan hulle preek as hulle nie gestuur word nie, Rom. 10:15. Leer hulle die woord van God met alle ywer, Jakob 1:19. Die Here gun aan alle nasies om sy woord te onderrig, Alma 29:8. Die evangelie mag verkondig word deur die swakkes en die eenvoudiges, L&V 1:23. ’n Wonderbare werk is aan die kom, L&V 4:1. As jy al jou dae arbei en een siel na My bring, hoe groot sal jou vreugde wees, L&V 18:15. My uitverkorenes hoor my stem, en verhard nie hulle harte nie, L&V 29:7. Gaan uit en verkondig my evangelie, twee-twee, L&V 42:6. Die geluid moet uitgaan vanaf hierdie plek, L&V 58:64. Open julle monde om my evangelie te verkondig, L&V 71:1. Verkondig waarheid volgens die openbaringe en gebooie, L&V 75:4. Elke mens wat gewaarsku is moet sy naaste waarsku, L&V 88:81 (L&V 38:40–41). Die Here sal vir die gesinne van diegene wat die evangelie verkondig, voorsien, L&V 118:3. Die diensknegte van God sal uitgaan, L&V 133:38. Getroue ouderlinge, wanneer hulle hierdie lewe verlaat, gaan voort met hulle arbeid, L&V 138:57.