Medelye Sien ook Barmhartig, Barmhartigheid; Liefde; Naasteliefde In die skrifture beteken medelye letterlik “om te ly met”. Dit beteken ook om simpatie, bejammering en barmhartigheid te toon aan ’n ander. Die Here het ’n beroep gedoen op sy volk om medelye te toon, Sag. 7:8–10. Jesus is beweeg deur medelye, Matt. 9:36 (Matt. 20:34; Mark. 1:41; Lk. 7:13). ’n Sekere Samaritaan het innig jammer vir hom gevoel, Lk. 10:33. Julle moet medelye met mekaar hê, 1 Petr. 3:8. Christus is gevul met barmhartigheid teenoor die kinders van mense, Mosia 15:9. My innerlike is gevul met deernis teenoor jou, 3 Ne. 17:6. Joseph Smith het vir die Here se medelye gebid, L&V 121:3–5.